Kabul-aanvalle: ‘Ons sal nie vergeet nie, ons sal nie vergewe nie’

President Joe Biden sê Amerika sal hom nie deur terroriste laat afskrik nie en sal voortgaan met die ontruiming uit Afghanistan. Dit volg nadat minstens 60 mense dood en 140 beseer is, in ‘n dubbele bomontploffing by die lughawe in Kabul. Die oorledenes sluit 13 Amerikaanse weermaglede in. Die Khorasan-provinsie van die Islamitiese Staat het aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar. Meer as honderd-duisend mense is reeds uit Afghanistan ontruim. Biden het belowe Amerika sal die mense agter die aanvalle opspoor en toesien dat hulle boet:

Biden sê die VSA sal terugslaan.