Japanese misdaadbaas dreig regter prontuit

‘n Japanese misdaadbaas het die regter wat hom die doodstraf opgelê het, gedreig. Die 74-jarige hoof van die Kudo-kay yakuza-groep, Satoru Nomura, beweer hy is onskuldig nadat ‘n hof bevind het hy het ‘n moord en aanvalle op burgers gereël. Japanese media berig daar was ‘n gebrek aan bewyse om Nomura direk met die misdade te verbind. Nomura het die regter glo herinner dat hy vir ‘n billike vonnis gevra het. Hy het ook vir die regter gesê hy spyt sal wees dat hy die doodstraf opgelê het.