Vleisraad sluit aan by rooilyn-saak

Die Namibiese Vleisraad het hom aangesluit by die hofsaak waar die Affirmative Repositioning-beweging se Job Amupanda die regering dagvaar om die rooilyn te verwyder. Die saak kom volgende week Dinsdag voor. Die Vleisraad het stukke by die hof ingedien en gevra om of tussenbeide te tree of as ‘n vyfde respondent bygevoeg te word. Amupanda sê die rooilyn is diskriminerend en is ‘n oorblyfsel van die koloniale tyd. Die aksie volg nadat vleis wat hy op Omuthiya gekoop het by die Oshivelo-hek gekonfiskeer is. Die bekende landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher het vroeër sy reaksie oor die aangeleentheid so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.