Kaapstad verwyder halstarrige seekoei-bul

Die Stad Kaapstad sê ‘n jong seekoei-bul sal uit sy trop in die Valsbaaise natuurreservaat verwyder en hervestig moet word om hom teen die dominante bul te beskerm. Die ouer bul, wat sedert hul herbekendstelling in 1981 daar is, hou ‘n bedreiging in vir die jonger bulle wanneer hulle volwassenheid bereik. Die burgemeesterskomiteelid vir Ruimtelike Beplanning en Omgewing, Eddie Andrews, sê seekoeie speel ‘n deurslaggewende rol in die ekostelsel, maar word bedreig weens faktore soos verlies aan habitat en stropery.