Amerikaanse studente, polisie bots

Spanning loop hoog op kampusse in die VSA waar pro-Gaza protesaksies versprei het. Die unviersiteite van Yale, Columbia, Texas, New York en Southern California het die grootste protesaksies ervaar en vroeër het studente en die polisie in Texas baklei. Op die oomblik is die Los Angeles-polisie by Southern California ontplooi en een student is reeds gearresteer. Joodse studente vorm deel van die protesgangers. Hulle eis dat die universiteite beleggings uit maatskappye met Israelse bande, onttrek.