Kaapstad: Nooddienste is gereed met nog reën wat die week voorspel word

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê nog reën word in die volgende paar dae in die stad verwag en opruimings- en verligtingshulp-bedrywighede word verskerp. Talle inwoners is verlede week dakloos gelaat na die gure weer wat oorstromings in informele nedersettings veroorsaak het. Hill-Lewis sê nooddienste is op ‘n gereedheidsgrondslag vir enige versoeke om hulp: