Boer vind 114 gesteelde bokke terug

Die Namibiese polisie sê dat 114 bokke en een skaap, ter waarde van 173 000 Namibiese dollar op die plaas Blou Oos naby die Osire-vlugtelingskamp gesteel is. ‘n Herdershond, ter waarde van 5 000 dollar is ook gesteel. Volgens Nampol is die diere te voet aangedryf maar, die boer het die spoor gevat en die diere teruggevind. ‘n 62-jarige Namibiër is in hegtenis geneem terwyl ander verdagtes die toneel gevlug het. Die ondersoek duur voort.