Kaapse vlugtelinge betoog omdat niks verander nie

Vlugtelinge en asielsoekers by die Paint City-tente-perseel in Bellville in die Wes-Kaap betoog vandag om hulle lot te bekla. Hulle probeer blykbaar al twee jaar dat die stad en nasionale owerhede hulle erken as ‘n groep wie se menseregte geskend word. Die groep se woordvoerder, Hafiz Mohammed, sê hulle glo nie dié week se memorandum van verstandhouding tussen die Verenigde Nasies se Vlugteling-agentskap en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gaan hulle lot verbeter nie: