Kaapse ma verkoop glo naakfoto’s van kind aanlyn

‘n Ma van Kaapstad sal volgende maand weer in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn nadat sy met behulp van die FBI in hegtenis geneem is, omdat sy na bewering naakfoto’s van haar kleuter aanlyn verkoop het. Die FBI en binnelandse veiligheid in Amerika het inligting ontvang via Paypal dat die vrou betaal is vir die foto’s en het die Nasionale Vervolgingsgesag in Suid-Afrika gewaarsku. ‘n Woordvoerder, Eric Ntabazalila, sê sy is in hegtenis geneem nadat ‘n klopjag uitgevoer is. Die vrou sal na verwagting op 8 Augustus om borgtog aansoek doen.