J’burg wil 67% bevolkingsimmuniteit bereik

Die aantal inentings by nie-mediese persele in die Stad Johannesburg neem toe. Die stad is hard aan die werk om ‘n 67 persent bevolkingsimmuniteit te bereik. Die jongste data toon tot 121 310 mense is sedert Mei ingeënt. Tot dusver is 17 838 opvoeders en 1 891 gesondheidswerkers ingeënt. Daar is 78 083 inwoners ouer as 60 jaar reeds ingeënt en die aantal mense ouer as 50 jaar, staan tans op 23 258. Daar word tussen 120 en 230 mense per dag ingeënt by die 26 nie-mediese persele in die stad.