Jy kan regstreeks na Trump se Georgia-verhoor kyk

‘n Amerikaanse regter het beslis oudpresident Donald Trump se verhoor in Georgia kan regstreeks gestroom en op televisie uitgesaai word. Hy en nog 18 verdagtes word aangekla van verkiesingsbedrog oor ‘n beweerde sameswering om die staat se uitslae om te keer tydens 2020 se presidentsverkiesing. Die staat se saak berus op ‘n opname waarin Trump Georgia se staatsekretaris vra om die stemtelling te herbereken, en sê hy het net 11 780 stemme nodig. ’n Verhoordatum is nog nie vasgestel nie, maar sal na verwagting volgende jaar plaasvind wanneer Trump gaan probeer om herkies te word.