Justisieminister maan oor boetes teen oortredings van Covid-regulasies

Namibiërs is verheug dat President Hage Geingob nie die land op streng inperkingsmaatreëls gesit het en ‘n aandklokreël ingestel het nie. Die minister van justisie, Yvonne Dausab, het Namibiërs gemaan dat Covid-19 steeds met ons is en diegene wat nie die regulasies gehoorsaam nie, sal onderhewig aan ‘n boete wees.