Wêreldvoedselprogram en EIF onderteken samewerkingsooreenkoms

Die Wêreldvoedselprogram en die Omgewingsbelegginsfonds, die EIF, het onlangs ‘n samewerkingsooreenkoms onderteken vir die bestuur van programme onder die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte van geen honger, klimaatsaksie en vennootskappe. Die Wêreldvoedselprogram en die EIF gaan poog om dat geen Namibiërs teen 2030 gaan honger wees nie. Voedselstelsels gaan in die land, veral onder weerlose bevolkings, versterk word. Lot Ndamanomhata, korporatiewe kommunikasiebestuurder, sê aan Kosmos 94.1 Nuus kleinskaalse boere kan aan skoolvoedingsprogramme deelneem.