Basiese inkomste-toelaag aan werklose Suid-Afrikaners verder aanbeveel

Die Suid-Afrikaanse regering is van plan om ‘n aanbeveling deur ‘n span deskundiges om die basiese inkomste-toelaag uit te brei, te oorweeg. Die voorsitter van die paneel, Alex van den Heever, het tydens ‘n webinaar-aanbieding gesê oorweging moet geskenk word aan ‘n stapsgewyse benadering ten opsigte van die implementering van die toelaag ten einde strukturele veranderinge in die vlakke van armoede en ongelykheid mee te bring. Die direkteur van die Instituut vir Studies van Armoede en Ongelykheid, Isobel Frye, sê die aanbeveling is haalbaar.