Justisieminister beklemtoon beskerminging van intellektuele eiendomsregte
Die Namibiese minister van justisie, Yvonne Dausab, het die belangrikheid van samewerking in Afrika beklemtoon om doeltreffende beskerming en afdwinging van intellektuele eiendomsregte te verseker, om by te dra tot die vestiging van ‘n bevorderlike sake-omgewing. Sy het Namibiërs versoek om hul werk, insluitend handelsmerke, patente en kopiereg, te registreer om dit teen vervalsing te beskerm. Volgens Dausab is dit noodsaaklik om ‘n kultuur van respek vir intellektuele eiendomsregte regoor Afrika te bevorder en bewustheid van die voordele van innovering te bevorder. Sy het by die opening van die drie daagse Regters Colloquium oor die Handhawing van Intellektuele Eiendomsregte in Afrika in Swakopmund gesê wetlike raamwerke in die verband moet streeksgewys verbeter sodat die implementering van wette prakties is.