‘Julle finansier die oorlog deur Russiese olie aan te koop’

Oleg Ustenko, ekonomiese raadgewer aan die Oekraïnse president, sê dit is onaanvaarbaar dat daar 1 miljard Amerikaanse dollar daagliks in Rusland belê word in olie-aankope wat indirek Rusland se oorlog finansier. Hy doen ‘n beroep op Europa om ‘n embargo op Russiese olie te plaas.