Ekonoom sê oor miljoene wat in Dubai bestee is…

Miljoene is bestee op ‘n ses-maande lange ekspo in Dubai. President Hage Geingob het sy besoek Sondag afgesluit na hy verlede week Dinsdag met talle lede van die kabinet na die Verenigde Arabiese Emirate gereis het om beleggers uit te nooi om in Namibië te belê. Geingob het al verskeie male vir lang periodes die buiteland besoek om beleggers te lok maar die land het nog geen nuwe wetgewing in die verband nie, al is drie nuwe wetsontwerpe daarvoor opgetrek maar nooit deurgevoer nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu gesels oor sy mening in verband met Geingob se aanslag oor beleggings…