Julie: wêreld voedselpryse 31% hoër as in 2020

Die voedsel- en landbou-organisasie program van die Verenigde Nasies sê pryse het vir ‘n tweede agtereenvolgende maand in Julie gedaal, veral in die geval van grane, vette en olies en suiwelprodukte. Maar, op ‘n jaargrondslag gemeet, het voedselpryse met 31 persent teenoor Julie 2020 gestyg. Verbruikers in Namibië het ook sedert die einde van verlede jaar toenemende voedselprysstygings ervaar.