Prokureurs in New York staan reg om Rassie te help

‘n Rugby-belegger van ‘n Amerikaanse konsortium wat ‘n beherende aandeel in die Haaie-unie besit, het getwiet ‘n span prokureurs van New York staan gereed om Rassie Erasmus en SA Rugby by te staan en Wêreld-rugby uit te daag. Marco Masotti sê hy stel sy volle regsmag beskikbaar om die direkteur van Rugby en die unie by te staan in hul saak teen die sport se beheerliggaam. Wêreld-rugby het Maandag aangekondig hulle kla beide partye van wangedrag aan ná Erasmus se uitlatings oor wedstrydbeamptes. Die beslissende toets tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus vind Saterdag in Kaapstad plaas.