JPMorgan moet N$5,39 miljard aan Epstein-slagoffers betaal

‘n Regter in New York het voorlopig goedkeuring gegee vir JPMorgan Chase se skikking van 5,39 miljard Namibiese dollar aan slagoffers van die finansier, Jeffrey Epstein. Die slagoffers beskuldig die bank dat hy Epstein se gedrag geïgnoreer en steeds met hom sake gedoen het. Die slagoffers se prokureurs sê die skikking is regverdig, voldoende en redelik. Epstein, wat in 2008 skuldig bevind is dat hy ‘n persoon onder 18 vir prostitusie gewerf het, was 15 jaar lank ‘n JPMorgan Chase-kliënt voordat die bank in 2013 met hom bande verbreek het. Hy het in 2019 in ‘n New Yorkse tronk selfdood gepleeg.