Billie Jean King kry Hollywood-ster

Die tennislegende Billie Jean King is vir Hollywood se Walk of Fame-groep vir 2024 benoem in die afdeling vir Sportvermaaklikheid. Die twaalfmalige Grand Slam-enkelspelkampioen sal die eerste vroue-atleet ooit wees wat dié besondere eer ontvang. King sluit aan by die Amerikaanse voetbalspeler en akteur Carl Weathers in die afdeling vir Sportvermaaklikheid. Sy sê sy is opgewonde om die toekenning te onvang en terselfdertyd geskiedenis te maak: