Studente skuld Unam N$350m

Unam word 353 miljoen Namibiese dollar deur studente geskuld. Die bedrag is volgens die universiteit vir die huidige boekjaar. Die studente wat in 2024 ingeneem is, het 184,32 miljoen dollar se skuld. Volgens woordvoerder Simon Namesho, maak studente wat studies self betaal ongeveer 40 persent van die studenteliggaam uit. Studente met skuld mag eksamens skryf […]

Read More

Hango begin vierde termyn as Oshakati-burgemeester

Leonard Hango sal vir die vierde keer Oshakati-burgemeester dien na sy herverkiesing Woensdag. Oshakati is die streekhoofstad van die Oshana-streek en is welbekend as die “Kommersiële Sentrum van die Noorde”. Kosmos 94.1 Nuus het met Hango gesels, wat sy opgewondenheid oor sy herkiesing deel.

Read More

GOOD soek beraad om verhouding tussen bende en amptenare te ondersoek

Die GOOD-party vra dat ‘n provinsiale misdaadberaad in die Wes-Kaap gehou word om aandag te gee aan beweerde bande tussen bendebase en amptenare in die provinsie. Dit volg op ‘n debat oor onlangse massamoorde in Bishop Lavis, Atlantis en Khayelitsha. Brett Herron van GOOD wys daarop figure soos Mark Lifman gebruik politieke vriendskappe om misdaadnetwerke […]

Read More

Trump stel Susie Wiles aan by Withuis

Amerika se aangewese president Donald Trump het aangekondig sy veldtogbestuurder, Susie Wiles, sal sy Withuis-personeelhoof en eerste vrou in dié amp wees. ʼn Personeelhoof dien as die president se vertroueling en help om mededingende politieke en beleidsvoorkeure se balanseer. Trump sê Wiles het hom gehelp om een van die grootste politieke oorwinnings in Amerika se […]

Read More

De Klerk hou vol hy het net instruksies gevolg

Die vermeende Fishrot-regsman Maren de Klerk het deur sy prokureur, Wihan Brand van PD Theron & Associates, ’n verklaring aan media gestuur. Volgens wat berig word hou hy vol dat sy optrede uitsluitlik deur kliëntinstruksies gelei is en hy geen bedoeling gehad het om onwettig op te tree of aan enige kriminele aktiwiteit deel te […]

Read More

Eskom wil Jhb se krag onderbreek oor skuld

Eskom sê hy het ʼn kennisgewing van voorneme uitgereik om kragvoorsiening aan die Stad Johannesburg en City Power op sekere vasgestelde tye te onderbreek. Die metro skuld die kragvoorsiener tans 4,9 miljard Suid-Afrikaanse rand wat nie die huidige rekening van 1,4 miljard rand insluit wat die einde van die maand betaal moet word nie. Eskom […]

Read More

Nissan sny duisende poste 

Nissan het planne aangekondig om 9 000 poste wêreldwyd te sny. Volgens News24 sal die onderneming ook sy uitvoerende hoof, Makoto Uchida, se salaris met 50-persent verminder, as gevolg van swak Noord-Amerikaanse verkope en Chinese mededinging met elektriese voertuie. Die motorvervaardiger het sy verkoopsvoorspelling tot 1,3 miljard Namibiese dollar verminder en sal produksie met 20 […]

Read More

Reuse-brand woed in Kalifornië

ʼn Verwoestende veldbrand woed in Ventura-distrik in Suid-Kalifornië. Meer as 14 000 inwoners moes hul huise ontruim terwyl stormsterk winde en droë toestande die vlamme aanblaas. Sowat 3 500 wonings en sakeondernemings word bedreig. Rooivlagwaarskuwings teen gevaarlike weerstoestande raak meer as 18 miljoen mense, insluitend in die Los Angeles-area. Ventura-distrik se brandweerkaptein, Trevor Johnson, sê […]

Read More

Namibia Fact Check vat party manifeste onder die loep

 Die redakteur van Namibia Fact Check, Frederico Links, het ‘n verslag oor verskeie verkiesingsmanifeste uitgereik. Die verslag kyk na hoe politieke partye Namibië beskou en wat hul visie vir die land is. Links beoordeel die boodskappe en toon van die manifeste. Die volledige verslag kan vandag in die dagblad The Namibian gelees word en vul […]

Read More

NFA moet Cosmos aanstel, N$4,7m betaal

Die Namibiese Sokkervereniging sal sy voormalige sekretaris-generaal Franco Cosmos 4,7 miljoen Namibiese dollar betaal en hom weer vanaf 1 Oktober aangestel, die keer as direkteur van lidmaatskap, bestuur en nakoming. Dit kom na hy in April 2022 afgedank is. Die huidige hoof, Robert Shimuoshili het destyds teen Cosmos getuig in die dissiplinêre verhoor. Cosmos het […]

Read More