Mosambiek opposisieleier sê land is by ‘n sleuteloomblik
Die belangrikste opposisieleier in Mosambiek, Venâncio Mondlane, sê die land het ʼn sleuteloomblik bereik. Hy het met AFP gepraat voor ‘n betoging wat hy uitgeroep het. Volgens Mondlane heers daar ʼn rewolusionêre atmosfeer wat bewys Mosambiek is op die punt van ʼn unieke geskiedkundige en politieke oorgang. Hy is steeds in die buiteland na hy […]
McKenzie in nommer 10-trui vir All Blacks teen Ierland
Rugby: Damian McKenzie dra môreaand die All Blacks se nommer 10-trui teen Ierland in Dublin en Asafo Aumua begin op haker. Hulle vervang vir Beauden Barrett en Cody Taylor, wat albei harsingskudding opgedoen het. Hierdie beserings-gedwonge veranderings is die enigste wat hoofafrigter Scott Robertson aan die span aangebring het wat verlede naweek op Twickenham naelskraap […]
Bitcoin styg hemelshoog na Trump verkies is
Bitcoin het van 68 734 Amerikaanse dollar Dinsdagoggend tot ‘n nuwe hoogtepunt van 75 434 dollar gestyg Woensdag na afloop van die Amerikaanse verkiesing, volgens Coingecko, die prys- en statistieksamesteller. Bitcoin het in vroeë verhandeling byna 8 persent geklim en sy vorige rekord wat in Maart opgestel is, verpletter. Vanmiddag verhandel bitcoin teen 74 896 […]
Trump sal Agoa-program en SA toets, sê kenner
Amerika se verkose president, Donald Trump, se oorwinning sal sy land se verhouding met Suid-Afrika toets wat die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika betref. Dit is die mening van die politieke ontleder, Daniel Silke. Namibië neem ook aan die Agoa-program deel, maar Suid-Afrika is die grootste begunstigde. Agoa verskaf belastingvrye toegang tot Amerikaanse […]
2024 gaan warmste jaar op rekord wees: Copernicus-verslag
‘n Verslag deur wetenskaplikes van die Europese Unie se Copernicus-klimaatsveranderingsdiens dui aan 2024 sal heel waarskynlik 2023 oortref as die warmste jaar wêreldwyd. Volgens Reuters oorskry die planeet se temperatuur nou die voor-nywerheidsgemiddeld met meer as 1,5-grade Celsius, wat ‘n kritieke mylpaal is. Fossielbrandstowwe se koolstofuitstralings is steeds die grootste drywer van stygende temperature. Die […]
Britse en Ierse Leeus kry nuwe trui
Rugby: Die Britse en Ierse Leeus gaan ‘n trui in ‘n donkerder rooi dra tydens volgende jaar se toer in Australië. Dit bevat ‘n patroon wat in die materiaal ingeweef is wat die samesmelting van vier nasies simboliseer. Die toer sal bestaan uit 11 wedstryde, insluitend drie toetse teen die Wallabies, van 20 Junie tot […]
Langer kraamverlof ‘om stemme vir Swapo te lok’
Kraamverlof vir staatsdienswerknemers is onlangs van 12 tot 14 weke verleng en ‘n aanvulling-betaling is ingestel. Die betaling verseker dat werknemers hul volle basiese salaris sal kry, en dek die verskil tussen hul gewone salaris en die Maatskaplike Sekerheidskommissie se kraamverlofvoordeel. Die aankondiging het debat ontlok. Geslagsaktivis Ngamane Karuaihe-Upi sê dat dit ‘n strategiese skuif […]
Bo-50 Afrikabeker 2024-reeks binnekort in Windhoek
Die Veterane Krieketvereniging van Namibië sal die Bo-50 Afrikabeker 2024-reeks in Windhoek aanbied, waar Namibië teen Suid-Afrika se A- en B-spanne en Zimbabwe sal kragte meet. Die toernooi sal bestaan uit agt 45-boulbeurte-wedstryde wat by die Namibië Krieketgronde, Wanderers Sportklub en Trustco United Sportklub gespeel sal word. Namibië speel teen Suid-Afrika A te Wanderers in […]
Goeie vordering met abattoirs, slagpale in noordelike streke
Tydens die deurlopende toesigbesoeke deur die parlementêre Staande Komitee vir Ekonomie en Publieke Administrasie in die Noordelike Kommunale Gebiede, het dit aan die lig gekom dat vier abattoirs en slagplase aandag verg om uitdagings wat boere in die gesig staar, te verlig. Die besoeke spruit uit ‘n petisie wat die Nasionale Vergadering in 2022 ontvang […]
EU-koolstofregulasies kan Namibië bevoordeel
Die Groenwaterstof-kommissaris, James Mnyupe, het by die Namibië-EU Handels- en Volhoubaarheidskonferensie in Windhoek uitgelig hoe die EU se koolstofgrensaanpassingsmeganisme, of CBAM, Namibië se beoogde groen produkte, soos groen yster en ammoniak, kan bevoordeel. CBAM maak die speelveld gelyk deur koolstofprysaanpassings op invoer van lande met minder streng klimaatbeleide af te dwing. Dit sal Namibiese groen […]