Powell sê hy sal nie bedank nie

Met die verkiesing van Donald Trump as Amerikaanse president is die voorsitter van die Federale Reserweraad Jerome Powell in die nuus. Hy en Trump het baie koppe gestamp tydens Trump se presidensie. Powell het die amp in Februarie 2018 opgeneem en is weer op 23 Mei 2022 ingesweer vir ‘n tweede termyn as voorsitter wat […]

Read More

Groenlig vir Star Wars-trilogie

Die skrywer-vervaardiger, Simon Kinberg het ‘n ooreenkoms met Lucasfilm gesluit om die draaiboeke vir drie Star Wars-rolprente te skryf en te vervaardig. Kinberg is die medeskepper van die geanimeerde reeks Star Wars: Rebels saam met Dave Filoni en Carrie Beck. Die Emmy-benoemde reeks is oor vier seisoene van 2014 tot 2018 vertoon. Kinberg is veral […]

Read More

Dennis Noa vrygespreek na appèl

Die voormalige leerlingdokter Dennis Noa, wat vroeër vanjaar skuldig bevind is aan verkragting, is vrygespreek ná ‘n suksesvolle appèl in die Windhoekse hoërhof. Regters Herman January en Philanda Christiaan het vanoggend Noa se skuldigbevinding omgekeer. Die 29-jarige is aanvanklik in Februarie tot agt jaar tronkstraf gevonnis, ‘n maand nadat die Windhoek-streekhof hom skuldig bevind het […]

Read More

Gedragskode vir arbeidsinspekteurs

Die arbeidsministerie het Goeie Praktykskode vir arbeidsinspekteurs ingestel, wat standaarde en etiese riglyne daarstel om hul gedrag te reguleer. Effektief vanaf 23 Oktober en reeds in die Staatskoerant gepubliseer, dien die kode as ‘n operasionele handleiding vir arbeidsinspekteurs wat kragtens die Arbeidswet van 2007 aangestel is. Hulle is verantwoordelik vir die toepassing van wette oor […]

Read More

Mashatile, nie Ramaphosa nie, woon Duma Boko se inhuldiging by

Terwyl die inhuldiging van die Hosea Kutako Museum en Gedenkheiligdom by Taosis in die Aminius-kiesafdeling in die Omaheke-streek uitgestel is omdat president Nangolo Mbumba na Botswana gereis het vir die inhuldiging van Botswana se nuwe president, Duma Boko, sê die buurland se regering die adjunkpresident Paul Mashatile sal dit vandag bywoon. Boko, wat hoof van […]

Read More

Krejcikova behaal halfeindronde in Riaad

Die Wimbledon-kampioen van Tsjeggië, Barbora Krejcikova, het die Amerikaner Coco Gauff geklop en deurgedring na die halfeindronde van die WTA-jaareindtoernooi in Riaad, Saoedi-Arabië. Haar sege beteken die verdedigende kampioen, Iga Swiatek, is uitgeskakel al het sy die Rus, Daria Kasatkina, in haar laaste groepwedstryd verpletter. Krejcikova kom in die laaste vier teen Qinwen Zheng van […]

Read More

Bewarea bring vierde hofaansoek om myn in gebied te keer

Die Doro !Nawas-bewarea is weer vanoggend in die hof met ‘n dringende aansoek om Ottilie Ndilimunde te verhoed om enige mynaktiwiteite in hulle gebied uit te voer hangende ‘n appèl wat hulle ingedien het by die omgewingsminister en –kommissaris. Dit handel oor die omgewingskommissaris se besluit om Ndilumunde se omgewingsklaringsertifikaat goed te keur terwyl hy […]

Read More

Mos-betogings sluit nou plundery en onnodige vandalisme in

Mosambiekse polisie het Donderdag traangas op betogers in die hoofstad Maputo afgevuur in die grootste betoging nóg teen die lang regerende Frelimo-party wat verlede maand as wenner van ‘n betwiste verkiesing verklaar is. Woede het toegeneem sedert verkiesingsowerhede verklaar het dat Frelimo die verkiesing van 9 Oktober gewen het, wat sy 49-jarige bewind verleng. Menseregtegroepe […]

Read More

Noodtoestand teen misdaad in SA nodig

Die burgerlike organisasie Save South Africa doen ʼn beroep op president Cyril Ramaphosa om ʼn noodtoestand af te kondig weens kommer oor toenemende misdaad, insluitend moord en afpersing. Die woordvoerder van die organisasie, Tebogo Mashilompane, vra ook dringende optrede oor beweerde voedselvergiftiging van leerders. Hy vra strenger regulasies vir spaza-winkels en stel voedselinspeksies voor om […]

Read More

Israel beveel weer ontruiming in noordelike Gaza

Die Israeli weermag het ‘n beroep gedoen vir die ontruiming van verskeie gebiede in die noorde van Gaza en weereens gewaarsku Palestynse militante lanseer vuurpyle daarvandaan. Die jongste beroep volg ná ‘n reeks bevele om die noordelike streek te ontruim, waar Israeli magte hul bedrywighede sedert vroeg in Oktober verskerp het. Die woordvoerder van die […]

Read More