Jag van droogtehulp-wild ‘vorder uitstekend’

Namibië is besig om meer as 723 stuks wild uit te dun, insluitend 83 olifante, om vleis te voorsien aan diegene wat deur ernstige droogte geraak word. Die omgewingministerie beheer die jag in parke en gemeenskaplike gebiede waar weiding en waterbronne beperk is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Romeo Muyunda, die ministerie se woordvoerder, […]

Read More

Namibiërs oorheers NWRse feesseisoen-besprekings

Namibia Wildlife Resorts se statistieke toon ‘n aansienlike toename in besprekings deur Namibiërs vir die 2024-feesseisoen, wat ‘n groter belangstelling uitwys van mense om hul eie land te verken. Ontleding dui aan dat Namibiërs besprekings vir Desember 2024 en Januarie 2025 oorheers, ‘n tendens wat ondersteun word deur NWR se inisiatiewe soos die Namibiese Leisure […]

Read More

Dienste-inflasie bly hardnekkig hoog

Dienste-inflasie, veral in behuising, nutsdienste en gesondheidsorg, byt hardnekkig vas. Behuising en nutsdienste het in Oktober tot 3,8 persent op ‘n jaargrondslag toegeneem vanaf 3,2 persent in September, hoofsaaklik gedryf deur stygende elektrisiteit- en watertariewe. Gesondheidsorgkoste het ‘n 3,7 persent styging op ‘n jaargrondslag bereik, of ‘n 0,4 persent toename vanaf die derde kwartaal vanjaar. […]

Read More

Cosatu verwelkom tabakprodukte-wetsontwerp

Cosatu verwelkom die indiening van die Wetsontwerp op Tabakprodukte en Beheer oor Elektroniese Leweringstelsels by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad, Nedlac. Dit volg na toenemende druk van die sakesektor, arbeid en verskeie partye in die regering van nasionale eenheid. Matthew Parks van Cosatu sê dit is ‘n belangrike wetsontwerp om die regering se vermoë […]

Read More

Los ons vloekery, onderklere en juweliersware: F1-renjaers

Motorsport: Formule Een-renjaers het die beheerliggaam gevra om hulle soos grootmense te behandel. Dit volg nadat Red Bull se Nederlandse bestuurder, Max Verstappen, en Ferrari se renjaer, Charles Leclerc van Monaco, gestraf is oor kru taal. Die Grand Prix-bestuurdersvereniging beskryf ‘n ope brief aan die FIA die verskil tussen vloekwoorde wat bedoel is om ander […]

Read More

Calle vertel van Afrika se waterplanne

Landbouminister Calle Schlettwein is ook voorsitter van die Afrika-waterfasiliteit, en het die toekomsplanne van die liggaam se beheerraad gedeel. Sy 24ste vergadering het in Abidjan, Ivoorkus, plaasgevind waar Schlettwein gesê het dat ‘n nuwe strategie opgestel word. Die vorige strategie vir die tydperk 2017 tot 2025 skets 22 aksies wat die bereiking van die langtermyndoelwit […]

Read More

ANC steun proporsionele verteenwoordiging

Die ANC het sy verbintenis herbevestig tot ‘n inklusiewe demokrasie in sy voorlegging aan die verkiesingstelsel-paneel, waarin hy die huidige proporsionele verteenwoordigingstelsel steun. Die party sê die model verseker regverdige verteenwoordiging deur uiteenlopende groepe, insluitend vroue, jongmense, mense met gestremdhede en die LGBTQI-plus-gemeenskap. Sekretaris-generaal Fikile Mbalula het aan die media gesê die party beloof om […]

Read More

Onluste ruk Amsterdam, Israeliese sokker-aanhangers aangeval

Die polisie in Amsterdam sê vyf mense is met beserings hospitaal toe geneem nadat onluste in die middestad uitgebreek het ná ’n Ajax-teen-Maccabi Tel Aviv sokkerwedstryd. Twee-en-sestig mense is in hegtenis geneem en die polisie ondersoek verslae van ‘n moontlike gyselaarsituasie en van vermiste persone na die aanvalle op ondersteuners van die Israeliese span. Ongeverifieerde […]

Read More

Pakistan draf Australië met 9 paaltjies kaf

Krieket: Pakistan het Australië met nege paaltjies verslaan in die tweede eendagwedstryd in Adelaide om die reeks van drie wedstryde gelykop te maak. Die gashere is in die 35ste boulbeurt vir 163 uitgehaal nadat Haris Rauf vyf paaltjies laat kantel het. Steve Smith het 35 aangeteken, maar nie een van die ander kolwers kon 20 […]

Read More

Trump sal nie van Navo onttrek of befondsing vir Oekraïne staak nie

Die voormalige hoof van die Britse MI6-agenstkap, sir Richard Dearlove, skryf nie veel toe aan Donald Trump se kommentaar oor die Oekraïne nie en ook nie dat hy wat Trump is die oorlog sal beëindig nie. Dearlove het met SkyNews gepraat en sê dis alles retoriek.

Read More