Bibi en Trump gesels drie keer sedert Dinsdag
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy het sedert die verkiesing drie keer met Amerika se aangewese president Donald Trump gepraat om die bondgenootskap tussen hulle nasies te versterk. Israelse aanvalle op Libanon en die noorde van Gaza het Sondag tot 23 mense, insluitend kinders, se dood gelei. Netanyahu beskryf die gesprekke met Trump […]
Tyla raap drie toekennings by MTV EMA in
Die Suid-Afrikaanse sensasie Tyla het drie toekennings ingepalm by die MTV Europe-musiektoekennings wat in Manchester, Engeland, gehou is. Sy was die wenner van Best R&B, Best Afrobeats, en Best African Artist. Die popsuperster Taylor Swift was die groot wenner met vier toekennings; Best Artist en Best Video vir haar samewerking met Post Malone aan Fortnight, […]
B2Gold-produskie oortrek verwagtinge
B2Gold sê sy Otjikoto-myn het produksie verwagtinge oortref met die lewering van 52 131 onse goud in die derde kwartaal van 2024. Goudherwinning van die erts het op 98,8 persent vir die periode ingekom. Ertsproduksie van die Wolfshag-ondergrondse myn vir die derde kwartaal van 2024 was gemiddeld 1 800 ton per dag teen ‘n gemiddelde […]
IPC sluit af met twee saamtrekke
Die Independent Patriots for Change begin stelsematig sy veldtog afsluit met twee groot saamtrekke wat tot net voor die verkiesings in Erongo en Oshana beplan word. Die party-woordvoerder Imms Nashinge sê verandering is dringed nodig en sê kiesers moet mooi dink voor hulle hul kruisies trek.
Groot vrae rondom COP29 wat vandag begin
COP29 begin vandag in Baku, Azerbeidjan, en duur tot 22 November. Die allerbelangrike vergadering het reeds reuse-uitdagings met oorloë in die Oekraïne, Gaza en Libanon; ‘n trae ekonomiese klimaat in ‘n tyd wanneer onderhandelaars die kwessie van finansiële hulp vir ontwikkelende lande moet aanspreek; ’n gasheerland wat die eerste in die wêreld was om olie […]
DA sê Malatsi is dapper
Die DA beskryf die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, se onttrekking van die omstrede SAUK-wetsontwerp in die Parlement as dapper en deurslaggewend. Die minister voer aan die wetsontwerp hanteer nie die SAUK se dringende finansiële behoeftes nie en gee die minister te veel mag wat die aanstelling van raadslede betref. Thsolofelo Bodlani […]
Agt mans beroof egpaar
Die Namibiese polisie sê agt mans het in die vroeë oggendure van Sondag toegang tot ‘n huis in Auasblick gekry. Die mans, me ‘n panga en skroewedraaiers gewapen, het die man en vrou in die huis gedreig, hulle aangerand en weggekom met drie selfone, drie skootrekenaars, juwele en ander items. Die waarde moet nog bepaal […]
Mdluli appelleer regshulpweiering
Die voormalige hoof van Misdaadintelligensie van die Polisie, Richard Mdluli, appelleer teen die Regshulpraad se besluit om hom bystand te weier in sy voortgesette korrupsiesaak. Die hof in Pretoria het ook sy aansoek verwerp dat die SAPD moet betaal vir sy regsonkoste, en hom opdrag gegee om dit te dek. Henry Mamothame van die vervolgingsgesag […]
Oekraïne looi Rusland
Oekraïne het die grootste hommeltuigaanval op Rusland uitgevoer sedert Vladimir Putin se volskaalse inval in 2022. Moskou se Verdediging-ministerie sê hulle het die naweek 84 Oekraïnse hommeltuie oor ses streke onderskep. Dit het veroorsaak dat vlugte van drie van die land se grootste lughawens herlei moes word. Die Oekraïnse weermag sê dit was in reaksie […]
Shaquille vereer Ali
Shaquille O’Neal sê hy wil Muhammad Ali se nalatenskap voortsit nadat hy by die Muhammad Ali-sentrum vereer is vir sy welsynsprojekte, wat die ondergedienste jeug steun. Ali se weduwee, Lonnie, het O’Neal se gees van meelewing lof toegeswaai, wat haar man se ideale uitbeeld. O’Neal, wat ge-inspireer is deur sy ma en Ali, het klem […]