Chinese konstruksie skep nie werk nie

Reaksie word ontvang op die toekenning van drie NamWater pyplyn-projekte aan Chinese maatskappye. Die konstruksie van die Ogongo-Oshakati pyplynvervanging en bykomende werke ter waarde van amper 237 miljoen Namibiese dollar is almal aan Chinese konstruksiefirmas toegeken. Die PDM se skadu-finansminister, Nico Smit, sê dit is onaanvaarbaar omdat daar genoeg plaaslike maatskappye en, die Chinese skep […]

Read More

Namibië se olie-ontdekkings genoem as een van COP29 se uitdagings

Verlede jaar se COP28-beraad in Doebai het geëindig met lande wat vir die eerste keer ooreengekom het om oor te skakel van fossielbrandstowwe in energiestelsels met die besluit wat groot lof ontlok het. Maar, sedertdien het beide die gebruik en verkoop van fossielbrandstof wêreldwyd aanhou styg, terwyl nuwe gebiede goedgekeur is vir olie- en gasproduksie in […]

Read More

Alensy maak geskiedenis by Gerus-sonkragaanleg

Die plaaslike firma, Alensy, sal die Gerus sonkragaanleg bou, die eerste keer in die geskiedenis vir ‘n onafhanklike kragprodusent. Die aanleg sal by die NamPower Gerus substasie gebou word. Alensy se uitvoerende hoof en medestigter Norbert Dörgeloh het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die baanbrekende oomblik.

Read More

Nuwe visum-regime is nie die herrie werd nie

Die visum-program van die Namibiese regering is steeds in die nuus en het, ten tyde van aankondiging groot kritiek uitgelok. Daar is 33 lande wat geraak word en lande buite die AU se kostes het tot 1 600 Namibiese dollar gestyg terwyl AU-lande 1 200 dollar betaal. Die Britse hoë kommissaris Charles Moore meen dit […]

Read More

Klimaat rampe kos N$7 triljoen in twee jaar

Daar was ‘n geleidelike opwaartse tendens in die koste van uiterste weerstoestande tussen 2014 en 2023, met ‘n vinnige oplewing in 2017 toe ‘n aktiewe orkaanseisoen Noord-Amerika geteister het. Dit blyk uit ‘n verslag waarvoor opdrag gegee is deur die Internasionale Sakekamer. Die verslag, wat 4 000 klimaatsverwante uiterste weerstoestande ontleed het, het bevind ekonomiese skade […]

Read More

Super/Man palm eerste toekennings in

Super/Man: The Christopher Reeve Story het al ses kategorieë waarin hy by die Critics Choice-dokumentêre toekennings benoem is, gewen. Dit sluit in beste redigering en beste dokumentêre fliek, waar dit gelykop was met Will and Harper van Netflix. Sugarcane, wat vanjaar met agt die meeste benoemings ontvang het, het twee gewen: vir beste politieke dokumentêr […]

Read More

Nampol lê beslag op N$42 500 se ngungula

Die Namibiese polisie het ‘n voertuig op Oshakati gevind met 76, 25-liter brandstofhouers gevind. Vyftig was nog vol onwettige brandstof wat vermoedelik van Angola afkomstig is. Die waarde word op net minder as 42 500 Namibiese dollar beraam. voertuig, ‘n Toyota Hilux, is in die Ohumbu-gebied van Oshakati gevind sonder enige eienaar en is gekonfiskeer. […]

Read More

Produksie van groenstaal begin teen die einde van die jaar

Die HyIron-Oshivela-projek in die Erongo-streek sal teen die einde van die jaar met produksie begin, wat ‘n koste-effektiewe metode is om die energie-oorgang te ondersteun en die staalbedryf te ontkoolstof. Die projek, in samewerking met die Climate Neutrality Foundation en die Namibië Groenwaterstofprogram, stel yster-tot-waterstof-tegnologie bekend. Hierdie deurbraak bied ‘n oplossing vir die vervoer van […]

Read More

Lesufi sê voedselveiligheid-standaarde moet in Gauteng afgedwing word

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, sê ‘n provinsiale strategie is ontwikkel om die toepassing van die verordeninge en regulasies te versterk wat spaza-winkels en ander voedselverkopers beheer. Die provinsie het 441 gevalle van voedseloordraagbare siektes met 23 sterftes aangeteken. Die premier het met raadslede, munisipale leiers en departementshoofde vergader om provinsiale reaksie te koördineer. Lesufi […]

Read More

Britse werkende honde kry nuwe jurkies

Britse militêre honde kry binnekort ‘n hele reeks nuwe veiligheidstoerusting, insluitend brille, stewels en koeëlvaste baadjies, as deel van ‘n kontrak van multi-miljoen-pond. Die kontrak van vyf jaar kan met nog twee jaar verleng word en is gemik op verbeterde opleiding vir die groep van meer as 500 werkende honde in die Britse weermag verskaf. […]

Read More