Uitslae van studente met skuld moet vrygestel word – ministerie
Nanso sê hy is verheug oor die besluit deur die hoër onderwysministerie om opdrag te gee aan openbare tersiêre instellings om die kwalifikasies van gegradueerdes met uitstaande skuld vry te stel. Universiteite hou tradisioneel punte terug as studente uitstaande skuld het wat hulle pogings om werk te kry, belemmer. Die studente vakbond sê dit stap […]
Nog kritiek teenoor owerhede oor Stilfontein
Die Workers and Socialist-party en die Socialist Youth Movement het die Stilfontein-slagting in Noordwes veroordeel en noem dit ‘n staatsondersteunde gruweldaad. Hulle gee die die polisie en die Departement van Minerale en Petroleumbronne die skuld omdat hulle onwettige mynwerkers ondergronds vasgekeer het en sedert Julie verlede jaar reddingspogings geblok het. Zaki Mamdoo van die groep […]
Amptelike voertuig van Sierra Leone in Guinee vol kokaïen gevind
Sierra Leone het sy ambassadeur in Guinee herroep nadat ‘n voertuig wat aan die land se ambassade behoort, gevind is met sewe tasse wat vermoedelik kokaïen bevat. Guinee se owerhede het op die voertuig beslag gelê en die insittendes aangehou. Kontant van 2 000 Amerikaanse dollar is ook gevind. Volgens Sierra Leone se minister van […]
Harry se Murdoch-saak begin Dinsdag in Londen
Prins Harry se regsgeding teen Rupert Murdoch se Britse koerantgroep begin Dinsdag amptelik in die hof in Londen, met Harry wat volgende maand sal getuig. Hy dagvaar News Group Newspapers oor beweerde onwettige aktiwiteite wat uitgevoer is deur joernaliste en privaat ondersoekers wat vir sy koerante, The Sun en die ontbinde News of the World, […]
Groei in eiendomsmark sal voortduur, maar stadiger
Die plaaslike eiendomsmark begin tekens van ‘n oplewing wys. Die gemiddelde huisprys het meer as 1,3 miljoen Namibiese dollar bereik in die derde kwartaal van 2024, volgens FNB se huisprys indeks, 7 persent hoër as 2023 en die hoogste groeikoers sedert 2021. Die sentrale streek het ‘n 6,9 persent jaar-tot-jaar styging in huispryse aangeteken, veel […]
Saftu het kommer oor nakoming van minimumloon
Saftu het werkgewers gekritiseer omdat hulle nie voldoen aan die Wet op die Nasionale Minimum Loon nie en moedig die Departement van Indiensneming en Arbeid aan om nakoming af te dwing. Die vakbondfederasie het ook vanjaar se voorgestelde loonverhoging tot 28 Suid-Afrikaanse rand 79 sent per uur verwerp en noem dit onvoldoende te midde van […]
Al Fayed klag nie opgevolg nie, hy het gesê hy is siek
Die Britse polisie het versuim om ‘n bewering seksuele aanranding deur Mohamed Al Fayed op te volg omdat hy gesê het hy is siek. ‘n Amerikaanse vrou, Pelham Spong, het in 2017 aan beamptes gerapporteer dat Al Fayed haar ‘n dekade tevore aangerand het, maar die ondersoek is gesluit met die polisie wat gesê het […]
Navalny se prokureurs tot tronkstraf gevonnis
Drie prokureurs vir die ontslape opposisieleier Alexei Navalny is deur ‘n Russiese hof daaraan skuldig bevind dat hulle aan ‘n ekstremistiese groep behoort en tot tussen drie en vyf jaar in ‘n strafkolonie gevonnis. Igor Sergunin, Alexei Liptser en Vadim Kobzev is in Oktober 2023 gearresteer. Menseregte-aktiviste sê die vervolging van prokureurs wat mense verdedig […]
Internskap-wetgewing, belastingvoordeel, nou van krag
Tydens die tertafellegging van die huidige begroting in Februarie verlede jaar, het die finansminister, Ipumbu Shiimi, die internskap belastingaansporing-program aangekondig. Dit wetgewing is bedoel om werkgewers verder aan te moedig om meer interns in diens te neem. Die program sal na raming die regering 126 miljoen Namibiese dollar kos. Die wetgewing is van krag en […]
SARB kan steeds rentekoers verlaag
Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek sê daar is steeds ruimte vir die Suid-Afrikaanse Reserwebank om rentekoerse te verlaag, ondanks die uitdagings met stygende oliepryse en die swak rand. Business Tech berig die buro is van mening daar kan ‘n moontlike verlaging in Januarie en weer in Maart wees, wat inflasieverwagtinge binne die Reserwebank se 4,5-persent […]