Reis van 11 000km werp vrugte af, 33 paddatjies gebore
Meer as 30 bedreigde paddatjies is by die Londense dieretuin gebore ná ‘n dramatiese reddingsending van 11 000 kilometer. Die Darwin-padda, vernoem na Charles Darwin, is as bedreig geklassifiseer nadat ‘n dodelike swam in hul habitat ontwikkel het. Dit was ‘n moeilike taak om die bedreigde amfibieë na Brittanje te vervoer en het ‘n reis na Chili en ‘n moeisame soektog na die klein wesentjies vereis, aangesien volgroeide paddas minder as 3 sentimeter lank is. Elf manlike paddas het die 33 paddatjies tot met hul geboorte gedra.