Hage het eenheid nagestreef

Wyle president Hage Geingob is op 4 Februarie 2024 oorlede en het ‘n erfenis van standvastige leierskap en diepgaande menslikheid agtergelaat. Hy word onthou as ‘n man wat sy lewe aan Namibië gewy het. Sy diens het begin in sy vroeë jare van aktivisme tydens Namibië se onafhanklikheidstryd en die stryd teen apartheid, en hy het ‘n leidende rol gespeel in die skep van die Namibiese grondwet. Na onafhanklikheid tot sy dood het hy in die regering gedien, eers as eerste minister en toe as president. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Henning Melber, navorsingsdirekteur by die Skandinawies-Nordiese Afrika Instituut, wat beskryf hoe hy Geingob onthou.