Reaksie op Amupanda se oneerlikheid in die hof
Reaksie word ontvang op Job Amupanda, leier van die AR-beweging, wat in sy rooilyn-saak getuig het hy het nie geweet vleis mag nie oor die rooilyn suid beweeg nie. Hy het egter sewe jaar voor sy vleis by Oshivelo gekonfiskeer is, op sosiale media gesê hy is geïnspireer deur jeug wat vleis oor die kordonheining smokkel. Hy het ook gesê dat hy dit al vir tien jaar doen. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die politieke analis dr. Ndumba Kamwanyah.