Biodiversiteit verseker volhoubare ontwikkeling  - May 27, 2025

Die Internasionale Dag vir Biologiese Diversiteit is herdenk onder die tema “Harmonie met die natuur en volhoubare ontwikkeling”. Dit het beklemtoon hoe diversiteitsbewaring verbind is met Namibië se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte, en illustreer dat beide agendas saam moet vorder aangesien hulle mekaar ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Namibiese ekoloog, dr. Peter Cunningham, wat […]

Read More

Netflix, YouTube plaas druk op SA telekom-infrastruktuur  - May 27, 2025

Suid-Afrika se telekommunikasie-infrastruktuur is onder toenemende druk, met die huidige stelsel wat as onvolhoubaar beskou word. ‘n Sleutelbydraer is aanlyn-stromingsdienste soos Netflix en YouTube, wat groot hoeveelhede bandwydte verbruik. Volgens die Vereniging van Kommunikasie en Tegnologie is hierdie platforms grootliks afhanklik van plaaslike netwerke om inhoud aan hulle te lewer, maar dra hulle nie by […]

Read More

Salman Rushdie tevrede met aanvaller se vonnis  - May 27, 2025

Die beroemde skrywer Salman Rushdie is tevrede met die maksimum-vonnis van 25 jaar tronkstraf wat opgelê is aan ‘n man wat hom in 2022 met ‘n mes aangeval het by ‘n New Yorkse kultuursentrum. Hadi Matar is vroeër skuldig bevind aan poging tot moord en aanranding. Videomateriaal het gewys hoe hy op die verhoog storm […]

Read More

Krieket: Zimbabwe se Raza held in Pakistan  - May 27, 2025

Die veelsydige Zimbabwiese speler Sikandar Raza is ‘n held in sy geboorteland, Pakistan, nadat hy Lahore Qalanders gehelp het om die Pakistanse Superliga te wen. Hy het net betyds geland, maar ‘n onoorwonne 22 lopies bygedra en Qalanders het Quetta Gladiators met ses paaltjies geklop. Raza se spanmaats het hom skouerhoog van die veld gedra. […]

Read More

Katutura-inwoners keelvol vir ACC se ‘dubbele standaarde’  - May 27, 2025

Die Katutura-inwonerskomitee kla reeds ‘n geruime tyd oor die Teenkorrupsie-kommissie se beweerde dubbele standaarde in sy hantering van korrupsiesake. Die groep het onder andere ‘n petisie by die kommissie ingehandig oor RedForce-kontrakte, en gevra vir vinnige optrede. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Shaun Gariseb, die groep se segsman:  

Read More

Hof sê SA se kripto-regulasies verouderd  - May 27, 2025

Die digitale bateplatform, Luno, wat in Suid-Afrika gestig is, het ‘n mylpaaluitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria verwelkom, waarvolgens ‘n hersiening van Suid-Afrika se verouderde kripto-regulasies vereis word. Regter Mandlenkosi Motha het bevind die land se valutabeheerwette van 1961 kan nie op digitale geldeenhede toegepas word nie en het dringende hervorming van die wet versoek. […]

Read More

Gaza-skietstilstandooreenkoms gereed, sê VSA-gesant - May 27, 2025

Amerika se spesiale gesant, Steve Witkoff, sê ʼn skietstilstand/gyselaar-ooreenkoms vir Gaza wat die weg kan baan vir ʼn einde aan die oorlog, is tans op die tafel. Dit volg nadat Israel sy militêre optrede in Gaza verskerp het. Die naweek is minstens 54 Palestyne dood waarvan die meeste in ʼn skool geskuil het wat ontheemde […]

Read More

Rugby: VRK-nominasies vir Speler van die Jaar  - May 27, 2025

Sacha Feinberg-Mngomezulu van die Stormers en Cameron Hanekom en Wilco Louw van die Bulle is vereer vir hul volgehoue goeie spelpeil gedurende die seisoen en as die drie benoemings aangewys vir die Suid-Afrikaanse Verenigde Rugbykampioenskaps-toekenning as Speler van die Seisoen. Stemming het Vrydag gesluit met die afrigtingspanne van die Springbokke en die vier Suid-Afrikaanse spanne, […]

Read More

Unam ken eerste navorsingsleerstoele toe - May 27, 2025

Unam het sy eerste agt navorsingsleerstoele bekendgestel, ‘n belangrike stap om ‘n navorsingsgedrewe instelling te word. Die posisies is toegeken aan topgeleerdes op gebiede soos groen tegnologieë, klimaatsveerkragtigheid en aansteeklike siektes. Kosmos 94.1 Nuus het met Unam se woordvoerder, Simon Namesho gesels.

Read More

Namibië, Botswana se raffinaderyplanne kan werk  - May 27, 2025

Namibië se Botswana se planne om vennote in die bou van ‘n olieraffinadery te wees, hou groot ekonomiese voordele in, sê die veteraan-ekonoom John Steytler. Dit sluit in werkskepping, infrastruktuele vooruitgang en groter handelsgeleenthede. Daar is egter baie uitdagings wat eers oorkom moet word, sê Steytler. ‘n Omsigtige ekonomiese analise, omgewingsbeplanning en strategiese uitvoering van […]

Read More