
Minister vra dat nuwe Covid-19 regulasies nagekom word - May 30, 2021
Die veranderinge aan die huidige Covid-19 regulasies tree Dinsdag in werking en die publiek word daarop gewys dat die bestaande regulasies môre-aand om middernag verval.Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het die publiek gemaan om nougeset die nuwe regulasies te eerbiedig.Hy het onder andere daarop gewys dat reisigers wat die land besoek se negatiewe uitslag […]
Die Seychelles is van Dinsdag af weer oop vir toeriste - May 30, 2021
Namibiërs en ander toeriste kan van Dinsdag af weer die aantreklikhede van die Seychelles geniet, ná hulle sedert die begin van die jaar van die eilandstaat weggehou is. Die Seychelles het sy internasionale lughawe ten volle heropen in ‘n poging om sy beleërde toerismebedryf weer op dreef te kry. Dit is vir 65-persent van sy […]
Dit is môre Wêreld Geen-Tabak-dag - May 30, 2021
Die hoof vir openbare gesondheid van die Nelson Mandelabaai-metro in Suid-Afrika, Lance Grootboom, gaan die week ‘n aantal skole in die Oos-Kaap besoek om leerders in te lig oor die gevare van rook. Dit is môre Wêreld Geen-Tabak-dag. Grootboom sê die gifstowwe in sigarette kan kanker veroorsaak, veral long- en mondkanker. Rokers is ook meer […]
Die Wasserfall-moordverhoor word môre voortgesit - May 30, 2021
Die twee verdagtes in die Wasserfall -moordverhoor is môre terug in die hof op Walvisbaai.Junior Mulundu en Azaan Madisia, word aangekla van die moord op Shannon Wasserfall. Madisia en haar jonger broer Steven Mulundu is vroeg in November verlede jaar in hegtenis geneem. Volgens die staat het Mulundu sy ouer suster gehelp om Wasserfall se […]
Die Blou Bulle se vroue rugbyspan oorheers Vroue Premier-liga - May 30, 2021
Die vierde ronde van die Vroue Premier-afdeling is deur die Blou Bulle se vroue span oorheers. Hulle het van die sesde tot die derde plek op die punteleer opgeskiet na ‘n indrukwekkende oorwinning van 43-17 oor die EP Queens in Port Elizabeth. Die Westelike Provinsie en die Grens se vrouespanne het hulle posisies bo aan […]
Boris haak vir ‘n derde keer af - May 30, 2021
Boris Johnson, het vir die derde keer in die huwelik getree. Die Britse eerste minister het met sy verloofde, Carrie Symonds, in ‘n verrassende seremonie in die Westminster-katedraal getrou. Johnson is 56 en Symonds 33. Die paartjie het in 2019 op die eiland Mustique verloof geraak en het ‘n eenjarige seun, Wilfred. Die seremonie in […]
Mediavryheid-waghond vra Zimbabwe om Jeffrey Moyo vry te laat - May 30, 2021
‘n Mediavryheid-waghond het ‘n beroep op die regering van Zimbabwe gedoen om ‘n plaaslike joernalis vry te laat wat beskuldig word dat hy die buurland se immigrasiewette oortree het. Jeffrey Moyo het ‘n verslaggewingsbesoek vir twee buitelandse kollegas gereël. Die Komitee vir die Beskerming van Joernaliste in New York sê die aanklagte, sonder enige gronde, […]
Venaani en Malema kuier saam - May 30, 2021
Die Popular Democratic Movement se leier, McHenry Venaani, was die gas by ‘n aandete wat deur die leier van die Suid-Afrikaanse Freedom Fighters, Julius Malema aangebied is. Albei het die Pan-Afrika parlement in Midrand Gauteng bygewoon. Venaani was verlede week in die nuus toe hy op die tweede dag by die Pan-Afrika parlement oor ‘n […]
Independent Media in Suid-Afrika vra Ramos onverskoning - May 30, 2021
Independent Media in Suid-Afrika het Maria Ramos om verskoning gevra vir ‘n artikel wat in Desember verlede jaar op die IOL-webtuiste en in The Star gepubliseer is. Die mediagroep gee toe die artikel het ‘n aantal vals en lasterlike bewerings oor die huidige voorsitter van AngloGoldAshanti bevat. Dit is onder meer dat sy die rand […]
SA Mediese Navorsingsraad oor suurstof in die buurland vir Covid-19 gevalle - May 30, 2021
Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad sê intussen die buurland kan nie toelaat dat sy suurstof opraak te midde van die stryd teen die derde Covid-19-vlaag nie. Navorsing het onthul dat Suid-Afrika onder 19 lande is waar die gevaar dat sy suurstofvoorraad kan opraak, die grootste is, terwyl die aantal koronavirusgevalle daagliks skerp toeneem. Die Mediese Navorsingsraad […]