Stad Kaapstad skryf nog skuld af - May 27, 2021

Die Stad Kaapstad sal tydens vandag se raadsvergadering ‘n voorstel bespreek om nog vier miljard Namibiese dollar se skuld van inwoners af te skryf. Burgemeester Dan Plato sê die stad het reeds sowat 300 miljoen Namibiese afgeskryf in tariewe wat deur inwoners verskuldig is. Hy sê dit vorm deel van die stad se pogings om […]

Read More

Mali se tussentydse leiers bedank - May 27, 2021

Mali se tussentydse Presdident Bah Ndaw en sy eerste minister Moctar Quane het gister bedank, twee dae ná hulle tydens ‘n militêre staatsgreep in hegtenis geneem is. Volgens internasionale media is die staatsgreep deur vise-president Assimi Goïta georkestreer.

Read More

Cyril nie volgende week voor staatskapingskommissie - May 27, 2021

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sal nie volgende week Maandag en Dinsdag voor die staatskapingskommissie verskyn soos geskeduleer nie. Hy sou in sy hoedanigheid as adjunk-president en president van die land getuig. Ramaphosa het voorheen voor die kommissie verskyn in sy hoedanigheid as president van die ANC. Adjunk-hoofregter Raymond Zondo het vroeër die week gesê Ramaphosa […]

Read More

EU wil deelnemende demokrasie bevorder - May 27, 2021

Die Europese Unie bied op 2 Junie ‘n program om deelnemende demokrasie in Namibië te bevorder by die parlement aan. Dit is ten doel om samewerking tussen die parlement, burgerlike samelewingsorganisasies en ander regeringsliggame te versterk. Die program se implementering het in Julie 2020 begin en sal tot Junie 2025 duur. Die EU se kommunikasiebeampte, […]

Read More

Brandstofprys onveranderd, padgebruikerstarief styg - May 27, 2021

Die Namibiese ministerie van myne en energie het aangekondig brandstofpryse bly onveranderd vir Junie. Die padgebruikerstarief sal egter met sewe sent per liter vir petrol en diesel styg. Dit tarief sal dan 148 cent per liter vanaf 1 Junie kos. Hierdie tarief sal deur die Padfondsadministrasie gebruik word om padinfrastruktuur te befonds. Abednego Ekandjo, ‘n […]

Read More

Onderhoudswerk aan Groot Aub se boorgate - May 27, 2021

Stad Windhoek gaan groot onderhoudswerk aan die boorgate van Groot Aub tussen 31 Mei en 2 Junie doen. Inwoners word gewaarsku dat daar moontlik wateronderbrekings in hierdie tydperk kan wees. Die woordvoerder Lydia Amutenya het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

Read More

August 26 word ge-oudit - May 27, 2021

Die Namibiese ouditeur-generaal Junias Kandjeke het ‘n oudit van die finansiële boeke van August 26 begin. Die maatskappy het sedert 1998 nie oudtiverslae nie. Die nuwe minister van verdediging en veteranesake, Frans Kapofi, het die oudit verwelkom. Die Independent Patriots for Change se nasionale voorsitter, Brian Black, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy verwelkom […]

Read More

Gaza steeds sonder water - May 27, 2021

Meer as 400 000 mense in Gaza is steeds sonder water. Dit is byna ‘n week ná die skietstilstand tussen Israel en die Palestynse Hamas-militantegroep in werking getree het. Water en –elektrisiteitsdienste is tydens lugaanvalle verwoes.

Read More

Frankryk erken aandeel in Rwandese volksmoord - May 27, 2021

Franse President Emmanuel Macron het vandag erken Frankryk het ‘n aandeel in die Rwandese volskmoord van 1994 gehad. Hy het met nederigheid en respek aanspreeklikheid erken en hy vra ook om vergifnis.

Read More

Regering moet ingryp met sprinkane - May 27, 2021

Die Namibiese regering het reeds N$30 miljoen bestee om sprinkane onder beheer te bring en nóg N$28 miljoen word benodig. Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua sê die sprinkaanplae vernietig gewasse en weiding. Hy sê dit moet as ‘n bedreiging vir landbouproduksie beskou word en daarom moet die regering ingryp. Uerikua deel sy kommer […]

Read More