
Swartmark vir drank in SA enorm - May 28, 2021
Die swartmark vir drank in Suid-Afrika is tans meer as 20 miljard Namibiese dollar werd. Gemiddeld een liter uit elke 4,54 liter drank wat in die land verkoop word, oftewel 12 persent van die bedryf, het sy oorsprong op die swartmark.
Drama met Belarus-lugruim - May 28, 2021
Rusland ontken dat hy toegang aan twee Europese lugdienste geweier het omdat hulle nie van plan was om oor Belarus te vlieg om Moskou te bereik nie. Sommige lugdienste vermy Belarus se lugruimte ná die regering onlangs ‘n vliegtuig herlei het.
Windhoek vervang ou bouregulasies - May 28, 2021
Stad Windhoek het besluit om hul verouderde bouregulasies te vervang. Die bouregulasies dateer uit 1969. Volgens die woordvoerder, Lydia Amutenya sal die finale ontwerp van die regulasies soos deur die raad goedgekeur, eerns na die wetskrywers van die justisieminsterie deur die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling gaan. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê […]
Australië: Grense gesluit oor stout tieners - May 28, 2021
Die Australiese deelstaat Suid-Australië het sy grens met sy buurstaat Victoria summier gesluit ná twee tieners van Victoria daarheen geryloop het, berig Australiese media. Hulle het kwansuis vir ‘n vriend gaan kuier, al was hulle eintlik ingeperk.
Ramaphosa, Macron bespreek entstowwe - May 28, 2021
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa en die Franse president, Emmanuel Macron, het by die Uniegebou in Pretoria ontmoet om oor ‘n Covid-19-entstof te praat. Macron wil ‘n oordrag van tegnologie hê sodat armer lande as vervaardigingspersele gebruik kan word. Hulle sal vermoedelik ook praat oor ‘n tydelike kwytskelding van eiendomsreg van die Wêreldhandelsorganisasie vir die Covid-19-entstof. […]
Walvisfees langs kus aangebied - May 28, 2021
Die Wetenskapsvereniging van Swakopmund gaan vanaf 13 Junie ‘n Walvisfees aanbied waar ydens verskillende walviskenners praatjies by die Swakopmund Museum sal aanbied. Die skakelbeampte Irina Ivanova verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.
Vakbond gee lenings aan NBC-werkers - May 28, 2021
Die nasionale uitsaaier NBC se werkers wat deur die afgelope staking geraak is toe hulle nie salarisse ontvang het nie, sal ‘n sagte lening van die Unie vir Staatsamptenare in Namibië kry om hulle deur die maand te help. PSUN se adjunk-sekretaris-generaal, Ujama Kaahangoro het gesê die vakbond sal 200 000 Namibiese dollar beskikbaar stel. […]
Old Mutual belê in skool-opleiding - May 28, 2021
Old Mutual het 900 000 Namibiese dollar oor drie jaar geskenk om staatskole se skool- en departementshoofde deur die Afrika Leierskap-instituut op te lei. Mauriza Fredericks, Old Mutual se kommunikasiebestuurder verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.
Stad Tshwane hou boeremark - May 28, 2021
Die Stad Tshwane se afdeling vir landbou en landelike ontwikkeling het sy eerste kwartaallikse minimark vir kleinskaalse en opkomende boere by Tshwane-huis aangebied. ‘n Woordvoerder, Sipho Stuurman, sê boere uit die stad se sewe streke is uitgenooi om hul produkte uit te stal en aan amptenare en besoekers te verkoop. Hy verduidelik dat dit ook […]
WGO bekommerd oor infeksiekoers in Suider-Afrika - May 28, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê dit is bekommerd oor die aantal nuwe infeksies wat in veral Suider-Afrikalande aangeteken word en waarsku dat as die infeksiekoers verder groei, baie lande erge derde vlae van Covid kan beleef. Direkteur vir die WGO-streekskantoor vir Afrika, dr. Matshidiso Moeti, sê 11 Afrikalande, waaronder Suid-Afrika, Namibië en Zambië, het die afgelope twee […]