
Lewer die Gupta-broers uit asb! - June 10, 2021
Die Ahmed Kathrada-stigting in Suid-Afrika gaan vandag voor die Verenigde Arabiese Emirate se ambassade in Pretoria betoog om te eis dat die Guptas se uitlewering afgehandel word. Dit volg nadat die Emirate ‘n uitlewerings-ooreenkoms met Suid-Afrika bekragtig het. Die Nasionale Vervolgingsgesag het verlede week bevestig hy het Interpol genader vir hulp om ‘n inhegtenisnemingsbevel uit […]
Almal moet Israel veroordeel - June 10, 2021
Die Namibiese minister van internasionale betrekkinge Netumbo Nandi Ndaitwah sê die internasionale gemeenskap moet saam staan en Israel se taktiek, wat sy as apartheid-praktyke beskryf, ten sterkste veroordeel. Nandi Ndaitwah sê Israel gebruik die praktyke om sy dominansie oor die Palestynse volk te behou. In haar mening is dit Palestina se reg om vry te […]
Hierdie mannetjie is gek oor slange! - June 10, 2021
Die blote melding van die woord slang veroorsaak dat sommige mense sidder, maar vir Micheal !Goreseb, Namibia Wildlife Resorts se slanghanteerder, fassineer slange hom. Nadat hy die afgelope 14 jaar by NWR se Namutoni-oord in die Etosha Nasionale Park gewerk het, het hy en onlangs na die Okaukuejo-oord verhuis. !Goreseb het deur die jare met […]
Nama, Ovaherero gaan VN toe, saak nog nooit op meriete aangehoor nie - June 10, 2021
Nama en Ovaherero tradisionele leiers beplan om die Verenigide Nasies en die Afrika-unie te nader om hulle by te staan in vergoeding vir die 1904-1908 volksmoord. Die aankondiging kom na die Namibiese regering ingestem het op ontwikkelingsbystand van 1,1 miljard euro oor 30 jaar as ‘n vorm van reparasies vir die volksmoord. Die groep het […]
Mediese afval by Covid-kliniek hoop op, gevalle ook - June 10, 2021
Mediese afval is nog nie een keer die week by die Covid-kliniek in Robert Mugabe-rylaan verwyder nie. Die vullis, wat in rooi sakke geplaas word, lê tussen algemene afval in ‘n groot hoop teen die heining van die kliniek. Op die oomblik is die gebied uiters besig met talle mense wat tou staan vir toetse. […]
Sacky sal self sy prokureur moet betaal - June 10, 2021
Die regering het die voormalige minister van justisie Sacky Shanghala se aansoek om regshulp afgekeur. Shanghala, een van die Fishrot-beskuldigdes het die kantoor van die prokureur-generaal gevra om of sy regshulp te betaal of iemand vir hom aan te stel. Die prokureur-generaal Festus Mbandeka sê die besluit is reeds aan Shanghala gekommunikeer. Hy wou nie […]
SA die hele dag op fase drie-beurtkrag - June 10, 2021
Eskom gaan fase drie-beurtkrag vanaf 8-uur vanoggend tot 10-uur vanaand instel. Die kragvoorsiener sê hoewel daar ‘n effense verbetering in die opwekkingsvermoëns was, is daar ongelukkig nog onderbrekings by die Kusile-, Matla- en Tutuka-kragstasies in Mpumalanga. Eskom-woordvoerder Sikhonathi Mantshantsha sê fase drie-beurtkrag is nodig om die uitgeputte noodopwekkingsreserwes aan te vul:
Deeltitel-houers in Whk kry eie rekening - June 10, 2021
Stad Windhoek sal vanaf einde Junie vanjaar klante kan bedien met munisipale rekeninge vir individuele deeltitel-eenhede wat tariewe en belastingheffings insluit vir eienaars van verblyf-eenhede binne ‘n kompleks. Klante kan hul individuele rekeninge teen einde Junie 2021 verwag. Lydia Amutenya, woordvoerder van die Stad, verduidelik Kosmos 94.1 Nuus.
Padsterftes: jonges maak meerderheid uit - June 10, 2021
Volgens die Motorvoertuig-ongelukkefonds verteenwoordig mense tussen 16 en 35 jaar oud die grootste groep slagoffers van padongelukke in 2020 in Namibië. Jonger mense verteenwoordig 39 persent van ongelukslagoffers in 2020, asook die vorige jaar, lui die 2020 Padongelukke- en Eise-verslag wat die fonds uitgereik het. ‘n Afname van 24 persent is in 2020 in padsterftes […]
UCT ondersoek variant-bestande entstof - June 10, 2021
‘n Covid-19 proef-entstof is tans in ‘n fase een-proefneming wat deur die Universiteit van Kaapstad gedoen word. Die entstof se unieke ontwerp kan dalk tot gevolg hê dat dit beter beskerming bied teen huidige en toekomstige variante van die virus. Media in die buurland berig dat die proefneming se eerste fase in Maart by die […]