
Voëlgriep in die Vrystaat - June 8, 2021
‘n Voëlgriep-uitbreking is op drie Vrystaatse plase aangemeld. Die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het die uitbreking bevestig nadat gevalle in Villiers, Parys en Wesselsbron aangemeld is. Die staatsveearts in Frankfort, Patricia Froneman, waarsku dat die virus maklik deur plaastoerusting en klere oorgedra kan word wat kan veroorsaak dat die virus van plaas tot […]
Man in KwaZulu-Natal doodgeslaan oor heksery - June 8, 2021
Die polisie in KwaZulu-Natal sê hulle het ‘n deurbraak gemaak in die saak van ‘n bejaarde man wat doodgeslaan is deur ‘n groep jong mans wat hom van heksery beskuldig het. Die verdagte en sy vriende het na bewering verlede Saterdag ‘n plaaslike taverne in die Steadville-omgewing in Ladysmith verlaat toe hulle die 58-jarige man […]
Ministerie oor Covid en skole – pas maatreëls toe - June 8, 2021
Die adjunk uitvoerende direkteur in die ministerie van onderwys, Edda Bohn, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die toenemende gevalle van Covid by skole in die land. Tot dusver, vandat skole heropen het, het 527 leerders en 165 onderwysers positief getoets.
Geingos se saak sal verhoor word - June 8, 2021
Die Hoërhofsaak waar die Presidentsvrou Monica Geingos Abed Hishoono, ‘n onderwyser by die Elao Gekombineerde Skool in Ohangwena vir laster dagvaar, is vandag voor Regter Orben Sibeya vir ‘n saakbestuur konferensie. Geingos eis 350 000 Namibiese doller in skadevergoeding van Hishoono, wat ook optree as ‘n mobiliseerder vir die IPC-party. Sy sê hy het tussen […]
Bekende rot-held Magawa tree af - June 8, 2021
Die bekendste Hero Rat van die welsynsorganisasie Apopo, Magawa, het afgetree. Hy is een van die organisasie se Afrika-rotte wat in Kambodja werksaam was. In September verlede jaar is hy die hoogste eer wat ‘n dier kan ontvang, toegeken. Magawa het die internasionale militêre PDSA Goue Medalje vir braafheid ontvang. Hy het in sy vyf-jaar […]
Renosterhorings: Besigheidsman, staatsamptenaar vas saam met polisieman en soldaat - June 8, 2021
Meer inligting is bekend oor die verskyning vandag van ‘n lid van die weermag en een van die polisie op klagte van renosterstropery. Die twee was volgens berigte verbonde aan die teenstropery eenhede in Etosha Nasionale Park. Hulle is blykbaar met agt renosterhorings Sondagaand betrap. Maar die jongste aanduidings is dat ‘n werknemer van die […]
FW se familie sal verklaring uitreik oor sy gesondheid - June 8, 2021
Die FW de Klerk-stigting het gereageer op bespiegelings dat die voormalige president se gesondheid vinnig agteruitgaan en sê die familie sal ‘n verklaring uitreik indien daar enige verwikkelinge is. Die uitvoerende direkteur, Dave Steward, sê dit is welbekend dat apartheid se laaste president vroeër vanjaar gediagnoseer is met kanker wat die longweefsel aantas. Die 85-jarige […]
Mboma, Masilingi sal aan nog wedlope deelneem - June 8, 2021
Die twee Namibiese atlete Christine Mboma en Beatrice Masilingi woeker op die oomblik in Europa het Mboma het in Praag goud verower met Masilingi wat derde gekom het. Hulle afgrigter Henk Botha sê daar is nog moontlikhede vir wedlope oor die volgende paar dae…
Afrika stap aan na 5 miljoen gevalle - June 8, 2021
Die Afrikasentrum vir Siektebeheer sê die vasteland beweeg aan na 5 miljoen gevalle van Covid met net meer as 132 000 sterfgevalle wat in die 55 lande bevestig is. Suid-Afrika, Marokko, Tunisië, Ethiopië en Egitpe loop voor met gevalle maar daar is ‘n hoër konsentrasie in Suider-Afrika as op die res van die vasteland. Toegang […]
Twee keer soveel bees word uitgevoer as plaaslik geslag - June 8, 2021
Rekord lae getalle diere is volgens berigte by abattoirs regoor die land in April ontvang. Plaaslike media berig dat Meatco 2 530 diere in April geslag het met Beefcor in Okahandja wat 1 267 diere ontvang het en Hartlief, 202. Die Zambezi Vleiskorporasie, Zamco, het nie ‘n enkele dier ontvang nie. In totaal, beide noord […]