Permitte verpligtend vir wilde diere in aanhouding - May 10, 2021

Die Namibiese Ministerie van die Omgewing, Bosbou en Toerisme het gemaan dat mense wat wilde diere onwettig op plase, grond of geriewe sonder die nodige permitte aanhou, vervolg sal word. ‘n Nasionale Taakspan is aangestel om ondersoek in dié verband in te stel. Woordvoerder van die Ministerie, Romeo Muyunda, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Vleismark in Wes-Afrika met gemengde gevoelens ontvang - May 10, 2021

En hy verduidelik ook waarom Wes-Afrika ‘n uitstekende mark en gulde geleentheid is.

Read More

Vleismark in Wes-Afrika met gemengde gevoelens ontvang - May 10, 2021

Terwyl Meatco besig is om ‘n vleismark in Wes-Afrika vir kommunale beesboere noord van die Rooilyn te vestig, is dit met gemengde gevoelens ontvang. Sommige boere is opgewonde oor die vooruitsig, maar ander wonder waarom slegs vir kommunale boere in die Noorde en waarom Wes-Afrika. Hulle vra of hulle en Wes-Afrika van laer waarde is? […]

Read More

“Dracula” bied Pfizer-entstof aan - May 10, 2021

Vampiere gaan nie dalk jou bloed suig nie, maar toeriste wat die Bran-kasteel in Transsilvanië besoek, sal Pfizer se entof aangebied word. Dié kasteel is glo die inspirasie vir die legende van Graaf Dracula. Volgens internasionale media hoop die Roemeense regering dit sal besoekers lok.

Read More

Nederburg kry nuwe keldermeester - May 10, 2021

Die nuwe keldermeester vir die internasionaal bekende wynplaas in die Paarl, Nederburg, is Samuel Viljoen wat sedert 2007 deel van die wynkelder-span is. Hy het in 2007 as assistent-wynmaker begin en is in 2014 aangestel as Nederburg se volwaardige rooiwyn-wynmaker. In sy nuwe rol sal Viljoen toesig hou oor die produksie van die kelder se […]

Read More

NWR ontvang groot skenking - May 10, 2021

Namibia Wildlife Resorts se Gasvryheidsinstituut het 122 kartonne vis ter waarde van N$20 000 van Tunacor ontvang. Die skenking ondersteun die nuutgestigte NWR Gasvryheidsinstituut se studente om kulinêre kunsies tydens hul opleiding te oefen. Upahee Kasete van NWR is aan die woord.

Read More

Agra Bank Windhoek-ring speenkalf-kompetisie - May 10, 2021

Agra se Speenkalf-kompetisie sal op 21 Mei om 11:00 by die Agra Bank Windhoek-ring van stapel gestuur word. Die kompetisie sal in 18 dorpe regoor Namibië vanaf Julie tot Augustus plaasvind. Piet Stoman sê Namibië het van die beste vleisprodusente in die wêreld en uitvoerbeesvleis is van die beste wêreldwyd. Die jaarlikse Agra-speenkalf-kompetsie beloon boere […]

Read More

So het Covid my geraak - May 10, 2021

Die maatreëls wat in plek is in die lig van die heersende Covid-19 pandemie het ‘n groot invloed op die daaglikse lewens van Namibiërs. Kosmos 94.1 Nuus wou van verskeie luisteraars weet hoe dit hulle lewens dusver beïnvloed het.

Read More

35 jaar se diens aan haweloses - May 10, 2021

Die humanitêre organisasie vir haweloses, Mold Empower Serve, vier vanjaar die 35 jaar waarin hul gemeenskappe se harte verander. ‘n Bestuurslid, Willem Eksteen, sê hulle het begin as ‘n uitreikprogram en bied nou ook sentrums vir kleuters en nasorgondersteuning vir die jeug. Eksteen sê een van hul grootste prestasies is die suksesvolle duplisering van hul […]

Read More

NBC: tekort aan inligting is gevaarlik - May 10, 2021

Kenners in die media sê dat toegang tot inligting gekompromitteer is met die huidige staking van die NBC. Werkers staak sedert 23 April vir salarisverhogings. Talle landelike burgers maak staat op veral radio om inligting in hulle moedertaal te bekom. Zoe Titus van die Namibiese Mediatrust het haar mening so verwoord.

Read More