Boris het kommer oor Indiese variant - May 14, 2021

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, sê die Indiese Covid-variant wat tans in omloop in die land is, is ‘n bron van kommer. Engeland se Departement van Openbare Gesondheid het die B.1.617.2, wat die eerste keer in Indië waargeneem is, verlede week as ‘n kommerwekkende variant uitgewys nadat groepe gevalle plek-plek voorgekom het. Vroeë inligting […]

Read More

Diewe steel motor, maar laai eers kinders by die skool af - May 14, 2021

Die polisie in Limpopo is op die uitkyk vir ‘n voormalige werknemer van ‘n egpaar in Limpopo na ‘n ongewone rooftog in Bolobedu hierdie week. Twee mans het die egpaar in hul huis aangerand en vasgebind. Die slagoffers besit ‘n skoolvervoer-onderneming. Hulle is van huishoudelike goedere beroof en die aanvallers het daarna in hul voertuig […]

Read More

Parlement moet NBC-subsidie verwerp - May 14, 2021

Die stakende NBC-werkers het die Nasionale Vergadering gevra om die huidige subsidie wat aan die nasionale uitsaaier toegeken is, te verwerp. Die werknemers sê die toekenning van 127,5 miljoen Namibiese doller, ‘n 62 persent verlaging van die meer as 334 miljoen doller in die vorige finansiële jaar, maak ‘n bespotting van die korporasie se werk. […]

Read More

Namibiese rugby hou môre proewe - May 14, 2021

Die Namibiese Rugby Unie doen ‘n beroep op klubs regoor die land om spelers te nomineer en te stuur vir proewe wat môre in die hoofstad gehou word. Die unie wil spelers identifiseer om in die Rugby Afrikabeker van 26 Junie tot 4 Julie in Kenia deel te neem. Theo Groenewald, die waarnemende Hoof Uitvoerende […]

Read More

3rde vlaag is op pad – Mkhize - May 14, 2021

Die Suid-Afrikaanse Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, sê die uitwerking van Covid-19 het die noodsaaklikheid beklemtoon om in die langtermyn veerkragtigheid en volhoubaarheid van gesondheidstelsels te belê, sodat sy departement beter op toekomstige gesondheidsnoodgevalle en -krisisse kan reageer. Hy het Gesondheid se begroting van 62,5 miljard Namibiese doller in die parlement voorgelê. Mkhize sê hy […]

Read More

Covid: reeds 60 in hoësorg - May 14, 2021

Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het 218 positiewe Covid-uitslae uit 1 579 toetsuitslae bevestig. Khomas het 73 in Windhoek, met Erongo op 42, Otjozondjupa met 17, Oshana 16, Hardap en Omusati 13 elk, Omaheke 11 en Ohangwena en Oshikoto op 9 elk. Die res is landwyd versprei. Twintig leerders, 7 studente, 9 gesondheidswerkers en 7 […]

Read More

Noa doen vandag aansoek om borg - May 14, 2021

Die borgaansoek van Dennis Noa, die leerlingdokter wat op klagte van sodomie in hegtenis geneem is, sal vandag in die Katutura Landdroshof aangehoor word. Die saak is op 14 April, tydens sy eerste verskyning tot vandag toe uitgestel omdat die Staat gesê het daar is nuwe verwikkelinge in die saak. Noa se regsverteenwoordigers het saamgestem […]

Read More

Namibiese skrywer wen Statebond-prys - May 13, 2021

‘n Namibiese skrywer is die Afrika-wenner van 2021 se Statebond Kortverhaal-prys. Rémy Ngamije wat in Rwanda gebore is, het die 2021 Statebond Kortverhaal-prys vir Afrika vir sy storie ‘Granddaughter of The Octopus’. Die 32-jarige skrywer en fotograaf het skrywers van Lesotho en verskeie Nigeriese skrywers geklop. Rémy deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Australië berei entstof voor vir 2022 se Covid-variante - May 13, 2021

Die Covid-entstof vervaardiger Moderna het ‘n ooreenkoms met Australië gesluit vir 25 miljoen dosisse, waarvan 10 miljoen later vanjaar gelewer sal word. Die oorblywende 15 miljoen sal versterkerdosisse vir nuwe variante wees wat volgende jaar gelewer sal word. Australië het tot dusver meer as 29 000 gevalle van Covid-19 aangeteken, met 910 sterftes. Die Minister […]

Read More

Amupanda wys raadslede aan vir 10 kiesafdelings - May 13, 2021

Windhoek se Burgemeester Dr. Job Amupanda, het raadslede vir plaaslike owerhede aan al 10 kiesafdeling van die Khomas-streek toegewys. Hulle sal saam met streeksraadslede in elke kiesafdeling tydens hul termyn saamwerk. Stad Windhoek se Woordvoerder Lydia Amutenya gee bevestiging aan Kosmos 94.1 Nuus.

Read More