
Ons herdenk Wêreld-bloedskenkersdag - June 14, 2021
Vandag is Wêreld-bloedskenkersdag. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die doel met dié dag is om bewustheid te kweek oor die behoefte aan veilige bloed en bloedprodukte vir oortappings. Hulle wil egter ook klem plaas op die kritieke bydrae van vrywillige, onbetaalde bloedskenkers tot die onderskeie lande se gesondheidstelsels. Titus Shivute van die Namibiese Bloedoortappingsdiens het met Kosmos […]
SA-diplomate het onwettig drank verkoop - June 14, 2021
Die Suid-Afrikaanse Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Dirco, waarsku dat nóg diplomate ondersoek word vir beweerde betrokkenheid by onwettige drankhandel. Verskeie buitelandse regeringsamptenare van Lesotho en al Malawi se diplomate is verlede week 72-uur gegee om die land te verlaat. Dirco sê ‘n ondersoek het onthul hulle het glo alkohol in grootmaat van doeanevrye […]
ANC-regering besit amper 10 miljoen hektaar - June 14, 2021
Die DA sê die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het onthul dat daar 9,8 miljoen hektaar grond onder sy voogdyskap geregistreer is. Dit volg nadat die ANC en die EFF van plan is om ‘n klousule oor staatsbewaring in die Wysigingswetsontwerp op Artikel 25 in te sluit om die onteiening van grond sonder […]
Bye-bye Bibi - June 14, 2021
Benjamin Netanyahu is ná 12 jaar nie meer eerste minister van Israel nie nadat die land se parlement ‘n nuwe koalisieregering goedgekeur het. Die koalisie is met ‘n skrale meerderheid van net een stem met 60 teenoor 59 goedgekeur. Die regse nasionalis Naftali Bennett van die Yamina-party sal ingevolge ‘n rotasie-ooreenkoms die nuwe regering tot […]
Vermeende dwelmhandelaar van Osire vlugtelingskamp - June 14, 2021
Die Kongolese burger wat gevang is met 27 kilogram dagga met ‘n straatwaarde van 1,35 miljoen Namibiese dollar, se saak is in die Swakopmund landdroshof tot 23 Junie uitgestel. Gilbert Kalenga, 31 jaar oud, sal dan aansoek om borg doen. Kalenga is volgens die stukke voor die hof van die Osire vlugtelingskamp. Hy is in […]
GRN oorweeg op die oomblik maatreëls – Steenkamp - June 14, 2021
Daar is toenemende druk van onderwysersvakbonde, studenteliggame en ouers vir die ministerie van onderwys om die skole ‘n rukkie te sluit te midde van die toename in Covid-19 gevalle. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende direkteur van die ministerie Sanet Steenkamp gepraat oor wat die jongste is in die verband.
Ajunkminister kuier saam op Copps - June 14, 2021
Die Namibiese adjunkminister van Gesondheid, dr. Esther Muinjangue, was Vrydagaand deel van die Copps 94.1-span op grondvlak in die hoofstad. Francois Lottering oor hoe die aand verloop het.
Kanjeke looi Okh in ouditverslag - June 14, 2021
Die Okahandja munisipaliteit het wetgewing in verband met plaaslike owerhede gebreek deur die raadslede te omseil in verband met transaksies ter waarde van 90 miljoen Namibiese dollar. Dit is die bevinding van die ouditeur-generaal Junias Kandjeke in sy oudit van die dorpsraad se sake vir die 2018-2019 finansiële jaar. Miljoene is afgeskryf, reëls en regulasies […]
Toerisme sal eers 2022 herstel - June 14, 2021
Daar word beraam dat die plaaslike toerisme bedryf eers teen 2022 herstel sal toon. Internasionale besoekers aan Namibië het in die eerste kwartaal van die jaar met 83 persent teruggesak. Internasionaal lyk die prentjie dieselfde. Meer as 180 miljoen minder reisigers is in dieselfde periode regoor die wêreld bevestig. Die VN se Wêreldtoerisme-organisasie sê inenting […]
‘Daar sal nog J&J-entstof vervaardig word’ – Ramaphosa - June 14, 2021
President Cyril Ramaphosa het die Amerikaanse Voedsel- en Medisyne-administrasie se bevinding bevestig, dat 2 miljoen dosisse van Johnson en Johnson se Covid-19-entstof wat by Aspen Pharmacare in die Oos-Kaap vervaardig is, nie geskik is vir gebruik nie. Ramaphosa sê Aspen sal vandeesweek begin om nog dosisse van die entstof te vervaardig. Hy sê hopelik sal […]