
EU bespreek entstof-eiendomsreg - May 6, 2021
Die Europese Unie is gereed om die tydelike opskorting van entstof-eiendomsreg te bespreek, sê die Europese Kommissie se President, Ursula von der Leyen. Sy sê die EU sal enige voorstel oorweeg wat die Covid-krisis doeltreffend en pragmaties takel.
Bejaardes aangemoedig om in te ent - May 6, 2021
Die Wes-Kaap het vroeër vandag sy “Kom ons doen dit”-inentingsveldtog van stapel gestuur om inwoners ouer as 60 jaar aan te moedig om op die regering se elektroniese inentings-data-stelsel vir hul inenting te registreer. Volgens die provinsie se Gesondheidsdepartement het slegs ‘n kwart van die mense wat kwalifiseer, tot dusver geregistreer. Ons korrespondent in Kaapstad, […]
DA glo dis tyd vir verandering - May 6, 2021
Die Demokratiese Party in Suid-Afrika is besig om hul veldtog, #Time for Change, van stapel te stuur. Volgens DA Parlementariër Baxolile Nodada word miljoene burgers van geleenthede ontneem terwyl ANC politici in ‘n stryd gewikkel is oor wie staatshulpbronne beheer. Hier is haar woorde.
EFF vra wie Ramaphosa in parlement verteenwoordig - May 6, 2021
Ná die hoogdrama in Suid-Afrika se regerende party, die ANC, wat Ace Magashule geskors het, het Magashule weer op sy beurt vir President Cyril Ramaphosa uit die party geskors. Tydens ‘n vraag- en antwoordsessie in die parlement het die EFF se Adjunk-President en Hoofsweep, Floyd Shivambu, gevra wie Meneer Ramaphosa in die parlement verteenwoordig as […]
Kwalifiserende wedstryde vir Sokker Wêreldbeker uitgestel - May 6, 2021
Die kwalifiserende wedstryde vir die Sokker Wêreldbeker is met drie maande uitgestel. Dit word beskou as ‘n groot hupstoot vir Bafana Bafana se nuwe afrigter, Hugo Broos. Die Belg se aanstelling is gister bekend gemaak na die afdanking van Molefi Nsteki. Broos sal na verwagting volgende week in Suid-Afrika aankom. Die wêreldliggaam, Fifa, het die […]
Ugandese kindersoldaat 25 jaar tronk toe - May 6, 2021
‘n Voormalige Ugandese kindersoldaat is 25 jaar tronkstraf opgelê deur die Internasionale Strafhof in Den Haag, Nederland. Dominic Ongwen, wat later ‘n rebellebevelvoerder geword het, is in Februarie skuldig bevind aan 61 aanklagte. Dit sluit verkragting, seksuele slawerny, kinderontvoering, marteling en moord in. Die 46-jarige Ongwen is in 2015 in hegtenis geneem. Die hof sê […]
Harry Simon Junior dalk in kryt teen Mayweather - May 6, 2021
Namibiese bokser Harry Simon Junior, seun van een van die beste professionele boksers, Harry Simon Senior, kan dalk binnekort sy grootste boksgeveg hê. Hy gaan moontlik teen die Amerikaner Justine Mayweather in die bokskryt klim. Mayweather is Floyde Mayweather se jogner broer. Die boksgeveg wat moontlik in Augustus in Zimbabwe gaan plaasvind, kan Simon se […]
Afrika-streekskonferensie vir toerisme groot prestasie vir Namibië - May 6, 2021
Windhoek gaan vanaf 14 tot 16 Junie gasheer speel vir die Verenigde Nasies se Wêreld Toerisme-organisasie se Afrika-streekskonferensie wat ook deur die Sekretaris-Generaal van die WTO bygewoon sal word. Die sowat 150 verteenwoordigers sluit in toerismeministeries van regoor Afrika, toerisme-organisasies, bestemmingsbestuurders en klein en medium ondernemings. Namibiese vryskuttoergids Joseph Kafunda vertel aan Kosmos 94.1 Nuus […]
Jones is kaptein vir Leeu-toer na SA - May 6, 2021
Alun Wyn Jones is die kaptein vir die Britse en Ierse Leeus se toer na Suid-Afrika wat op 3 Julie afskop met ‘n wedstryd teen die Stormers in Kaapstad. Die veteraan-slot het al 157 toetse vir Wallis en die Leeus gespeel en die komende toer sal sy vierde vir die Leeus wees. Afrigter Warren Gatland […]
SAPD moet ingryp met plaasaanvalle - May 6, 2021
Die Demokraitese Alliansie in Noordwes het die Suid-Afrikaanse Minister van Polisie, Bheki Cele, gevra om in te gryp na nog ‘n plaasaanval naby Brits. Die hoof van die DA se hof-moniteringseenheid in Noordwes, Carin Visser, sê in die jongste voorval is ‘n boer, Pier Schutte, in ‘n ernstige toestand na ‘n hospitaal in Johannesburg vervoer […]