
President Geingob nie ingeënt - May 28, 2021
President Hage Geingob is nie ingeënt nie. Die inentings wat tans plaaslik beskikbaar is, is nie vir hom geskik nie. Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het nie gesê watter entstof vir hom geskik is nie maar, dat die owerhede dit probeer bekom.
VN: Ondersoek na konflik tussen Israel en Hamas - May 28, 2021
Die Verenigde Nasie se raad vir menseregte gaan met ‘n ondersoek begin ná die konflik tussen Israel en die Palestynse militantegroep Hamas. Volgens internasionale media het die resolusie vir stemming gedien. Meer as 240 mense is in Gaza dood en 13 in Israel.
Taliban teiken glo Afgaanse werkers vir VSA - May 28, 2021
Amerika is glo vinnig besig om planne te beraam om Afgane, wat vir sy weermag gewerk het, uit Afganistan te neem, berig internasionale media. Die rede hiervoor is dat ‘n beduidende aantal tolke en ander werknemers deur militante van die Taliban geteiken kan word, sê ‘n top-generaal.
Protesoptog oor volksmoordvergoeding - May 28, 2021
Die Ovaherero Volksmoord-stigting is tans besig met ‘n protes-optog by die Namibiese parlement en sal ook ‘n petisie aan Staatshuis oorhandig. Dit volg ná die geraakte Nama- en Herero-gemeenskappe ontevrede is met die vergoedingsoorenkoms tussen die Nambiese en Duitse regerings. Namibiese opposisiepartye het ook die regering as swak beskryf om die 18,6 miljard Namibiese dollar […]
Spoorlyn by Kranzberg môre herstel - May 28, 2021
TransNamib het bevestig dat niemand in die treinongeluk vanoggend by Kranzberg-stasie naby Usakos beseer is nie. Die trein het vanoggend om ses uur met ‘n lokomotief en vier leë treinwaens ontspoor. Dit is die tweede ongeluk van TransNamib vandeesweek. Dinsdag het nege brandstoftenkwaens by Brakwater noord van Windhoek ontspoor en in vlamme uitgebars. TransNamib se […]
Voortvlugtige huur helikopter om homself oor te gee - May 28, 2021
James Bryant, ‘n voortvlugtige van Nieu-Seeland, het ‘n helikopter gehuur om na ‘n polisiestasie te vlieg sodat hy homself aan die polisie kon oorgee. Bryant is van aanranding aangekla en het vyf weke in Noord-Otago weggekruip, berig internasionale media.
Niemand beseer in treinongeluk by Kranzberg - May 28, 2021
TransNamib het in ‘n mediaverklaring bevestig dat ‘n trein vanoggend om ses uur by Kranzberg-stasie by Usakos ontpsoor het. Volgens die woordvoerder, Abigail Raubenheimer, het ‘n lokomotief en vier leë treinwaens ontspoor. Sy sê niemand is tydens die ongeluk beseer nie.
Nuwe Covid-maatreëls geldig vanaf 1 Junie - May 28, 2021
Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het vanoggend die veranderinge van Covid-maatreëls aangekondig. Die maatreëls tree op 1 Junie in werking en geld tot 30 Junie. By openbare byeenkomste buite en binnenshuis is 100 mense na slegs 50 mense verminder. Alle kontaksport is opgeskort. Reisigers wat die land besoek se negatiewe uitslag moet sewe dae […]
Navorsing oor sagtevrugte by Maties - May 28, 2021
Suid-Afrikaanse ondernemings in die vrugtebedryf is van mening die skepping van die nuwe leerstoel in Na-oes Tegnologie Navorsing in Sagtevrugte aan die Universiteit Stellenbosch, sal kennis rakende die hantering van sagtevrugte verbreed. Die leerstoel se bedrywighede word gelei deur ‘n senior dosent aan die departement tuinwetenskap, Elke Crouch. Sy sê hulle sal maniere soek om […]
Ongwediva-handelskou in Augustus - May 28, 2021
Die jaarlikse Ongwediva-handelskou vind vanjaar van 26 tot 31 Augustus plaas. Weens die Covid-pandemie is die skou van nege na ses dae verkort. Die tema vanjaar is “Gearing for a smart economy”. Uitstallers het die keuse om hul produkte en dienste op die skougronde óf virtueel via ‘n webtuiste uit te stal. Ongwediva se woordvoerder, […]