
Konferensie oor herlewing van toerisme - May 6, 2021
Die Namibiese Minister van die Omgewing, Bosbou en Toerisme, Pohamba Shifeta, en die Wêreld Toerisme-organisasie se Direkteur vir Afrika, Elcia Grandcourt, kondig vandag aan dat Windhoek vanaf 14 tot 16 Junie ‘n streekskonferensie sal huisves. Die tema van die konferensie is “Strengthening Brand Africa for the Swift Recovery of the Tourism Sector”.
Nege babas op ‘n slag? Ja! - May 6, 2021
‘n Gesin in Mali het oornag tot 11 lede gegroei nadat ‘n 25-jarige vrou aan nege babas geboorte geskenk het. Die vyf dogtertjies en vier seuntjies is met ‘n keisersnit in ‘n hospitaal in Marokko in die lewe gebring. Dit was twee meer as wat dokters tydens skanderings regdeur die vrou se swangerskap opgemerk het. […]
VN se Vlugteling-agentskap verwelkom VSA se besluit - May 5, 2021
Die Verenigde Nasies se Vlugteling-agentskap verwelkom die besluit van die Amerikaanse President, Joe Biden, om die jaarlikse perk op die toelating van vlugtelinge tot 62 500 te verhoog. Hy is van plan om dit volgende jaar 125 000 te maak. Die Adjunk-Hoëkommissaris vir Vlugtelinge, Kelly Clements, sê dit stuur ‘n duidelike boodskap van eensgesindheid en […]
Walvisbaaise burgemeester kom kuier vir Job - May 5, 2021
Mens is nooit te oud om te leer nie, sê die Burgemeester van Walvisbaai, Trevino Forbes. Hy het ‘n welwillendheidsbesoek aan die hoofstad se Burgemeester Dr. Job Amupanda afgelê terwyl hy vir persoonlike redes in Windhoek is. Forbes sê hulle kan ideel uitreuil en hy kan by by Amupanda as senior politikus leer.
Grensbeheer moet verskerp word teen Indiese variant - May 5, 2021
Kenners waarsku regerings om grensbeheer te verskerp om te keer dat die dodelike Covid-variant uit Indië hulle lande binnekom. ‘n Senior Dosent aan die Universiteit Stellenbosch, Jo Barnes, sê dié variant is reeds in 17 ander lande opgespoor. Vroeër is berig dat bemanningslede van besoekende vaartuie in die hawens van Gqeberha (Port Elizabeth) en Durban […]
Herstelkoers van Covid is 95% tot op hede - May 5, 2021
Vandag is 120 nuwe Covid-gevalle aangemeld waarvan 15 leerders, vyf onderwysers, twee studente en vyf gesondheidswerkers in die groep is. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 962 waarvan 165 in die hospitaal en 42 in ICU is. Tot op hede het 46 683 mense (95 persent) herstel. Covid-sterfgevalle het vandag met vier tot altesaam […]
Geen openbare vieringe vir Nujoma-verjaardag - May 5, 2021
Daar sal geen openbare byeenkomste vir die voormalige Namibiese President Sam Nujoma se 92ste verjaardag op 12 Mei wees nie. Volgens sy Senior Spesiale Assistent, Paul Shipale, sal dit die tweede agtereenvolgende jaar wees dat daar nie groot vieringe vir Nujoma se verjaardag sal wees nie. Dit is weens die Covid-pandemie, maar gelukwensinge is welkom […]
Onder 20’s op rugbykamp - May 5, 2021
Namibië se onder 20-rugbyspan is tans besig met ‘n oefenkamp ter voorbereiding vir die 2021 Rugby Afrika Barthes-trofee. Kenia se rugby-unie sal die toernnooi vanaf 26 Junie tot 4 Julie huisves. Buiten Namibië, sal Kenia, Senegal en Madagaskar ook vir die trofee meeding. Die Waarnemende Uitvoerende Hoof van die NRU, Theo Groenewald het aan Kosmos […]
Vier kameelperdspesies erken - May 5, 2021
Nuwe bevindinge in die wetenskapsjoernaal, Current Biology, fokus op die erkenning van die vier verskillende kameelperdspesies. Die Giraffe Conservation Fund verwelkom dit as ‘n nuwe stap in die beskerming van elke langnekspesie, veral sommige wat erg in die wildernis bedreig is. Dit sal help om elke spesie die regte beskermingstatus op hul vlak van bedreiging […]
SA krieketspelers uit Indië op pad huis toe - May 5, 2021
Al die Suid-Afrikaanse spelers wat aan die Indiese Premierliga deelgeneem het, is op pad huis toe nadat die toernooi gister onbepaald uitgestel is. Vrese het bestaan dat Faf du Plessis, Lungi Ngidi en Imran Tahir van Chennai Super Kings, asook Kagiso Rabada en Anrich Northé van Delhi Capitals vir ‘n week lank in Indië onder […]