Momentum in skadevergoedingsaak teen Harvey BoulterJune 19, 2025

Alta van Wyk, die weduwee van Gerhard van Wyk wat in Februarie 2021 dood is na ‘n skietvoorval waarvoor die Britse miljardêr Harvey Boulter vir moord aangekla word, eis miljoene Namibiese dollar vir skadevergoeding van Boulter. Die kwessies wat in die hofsaak, wat na raming twee weke sal duur op verhoor, is ingedien by die hoërhof en sal vandag voor regter Orben Sibeya onder die loep kom. Van Wyk en haar kinders dagvaar vir reuse-bedrae wat die verlies aan inkomste en meer insluit.