Spanning in die ANC oor Magashule - May 9, 2021

President Cyril Ramaphosa het tydens die nasionale uitvoerende komitee van die ANC se vergadering gesê Jessie Duarte, adjunk sekretaris-generaal van die party, het ‘n opdrag uitgevoer toe sy ‘n skorsingsbrief aan Ace Magashule gestuur het en dit was nie kwaadwillig nie. Die NUK vergadering word vandag voortgesit te midde van spanning oor die skorsing van […]

Read More

Nog 341 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig - May 9, 2021

Daar is 36 leerders,13 studente, 7onderwysers,20 gesondheidswerkers, 3 gevangenes,15 werkers in die visbedryf en 3 in die mynbedryf onder die 341 nuwe Covid-19 gevalle in die land. Windhoek het 100 nuwe gevalle,Luderitz 31, Eenhana 23 ,Walvisbaai en Oshakati onderskeidelik 20 elk en Rehoboth 17.Die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik steeds 2 […]

Read More

Moody’s gaan nie nou ‘n graderingsbesluit oor Suid-Afrika neem nie. - May 8, 2021

Moody’s Investors Service gaan nie nou ‘n graderingsbesluit oor Suid-Afrika neem nie. Dit beteken hy handhaaf die gradering van Ba2 op staatseffekte in sowel rand as buitelandse geldeenhede.

Read More

Twitter se nuwe Tip-Jar funksie - May 8, 2021

Twitter het ‘n nuwe funksie, ‘n sogenaamde Tip-Jar, van stapel gestuur waardeur gebruikers geld na ander op die sosiale netwerk kan stuur. Die maatskappy het aan die media gesê dit is ‘n maklike manier om gebruikers wat deelneem, te ondersteun. Aanvanklik sal slegs ‘n geselekteerde groep mense die fooitjies kan ontvang. Twitter sê dié groep […]

Read More

Suid-Afrikaners moet dalk oorskakel na sonkrag - May 8, 2021

Suid-Afrikaners wat hulle elektrisiteit direk van Eskom kry, moet dit oorweeg om na sonkrag oor te skakel sodat hulle beskerm is teen toekomstige tariefverhogings en onbetroubare kragvoorsiening. Dit is die mening van die uitvoerende hoof van Suid-Afrika se sonkrag-fotovoltaïese bedryf, Niveshen Govender. Sy opmerkings kom te midde van ‘n 15-persent-verhoging in elektrisiteitstariewe en voortdurende brandstof-prysstygings […]

Read More

Mango kan vir eers weer vlugte onderneem - May 8, 2021

Die Suid-Afrikaanse laekoste-lugredery Mango het bekendgemaak dat sy raad hom die groen lig gegee het om voort te gaan met vlugte.Die lugdiens het egter net tot Dinsdag die 11de toestemming gekry om te vlieg. Daar sal vroeg volgende week weer ‘n opdatering wees. Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika het verlede maand die lugdiens se vlugte opgeskort […]

Read More

Grondlose Mense Beweging se leiers weer in die nuus - May 8, 2021

Die Grondlose Mense Beweging se leiers, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb wat uit die parlement geskors is, het die kwessie volgens ‘n Afrika Politieke Analis, Dr Charles Sinkala op ‘n professionele manier hanteer. Hy sê hulle het die hofuitspraak gerespekteer alhoewel dit nie in hul guns was nie en is volgens hom ‘n aanduiding van […]

Read More

Boere gebruik hommeltuie in die Wes-Kaap - May 8, 2021

Die Wes-Kaapse Departement van Landbou se besluit om vernuwing en tegnologie te aanvaar, het vrugte afgewerp met 17 hommeltuig-vlieëniers wat hierdie week hul vlerke gekry het. Premier Alan Winde het die seremonie by die Elsenburg-landbou-instituut naby Stellenbosch bygewoon en sê die vlieëniers dra by tot die toename in tegnologiese kundigheid wat beter landbouproduksie in die […]

Read More

Dis Wêreld-donkiedag vandag - May 8, 2021

Ter herdenking van Wêreld-donkiedag vandag het die Suid-Afrikaanse raad van professionele perde- en ruiter-personeel hulde gebring aan die DBV in die KwaZulu-Natalse Middelland. Die vereniging het onlangs meer as 100 donkies gered wat smokkelaars na Lesotho wou neem. Die diere word in die buurland geslag vir hulle velle wat dan gekook word vir die gomagtige […]

Read More

IMF oor ongelyke salarisse - May 8, 2021

Die Internasionale Monetêre Fonds sê ongelyke salarisse lei tot voortdurende ongelykhede wat betref toegang tot onderwys, gesondheidsorg en finansies. Die IMF het verwag dat wêreldwye inkomste met drie persent sou groei, maar nou word voorspel dat dit met drie persent kan daal, wat aansienlik erger is as tydens die Groot Resessie van 2008-2009. Era Dabla-Norris […]

Read More