
Fokus weer op Google Earth - May 9, 2021
Die Google Earth-soekenjin is vir die eerste keer sedert 2017 behoorlik bygewerk. Dit sluit ‘n nuwe tydsverloopfunksie in, waarmee mense kan sien hoeveel die planeet die afgelope 37 jaar verander het. Gebruikers kan soek vir die Google Earth Timelapse en dan die meer as 24-miljoen onlangse satellietfoto’s vergelyk met foto’s wat in 1984 geneem is. […]
Skolesport volgens kenners nie goed met Covid-19 pandemie nie - May 9, 2021
Kenners is van mening dat die hervatting van skolesport een van die grootste redes is waarom COVID-19 infeksies in Gauteng in die buurland versprei. Die voorsitter van die COVID-19-adviesraad in Gauteng, Dr Mary Kawonga, sê dit is nie die ondersteuners nie, maar wel die spelers wat die virus onder mekaar versprei. Kawonga sê dit is […]
Spanning in ANC duur voort - May 9, 2021
Dit het aan die lig gekom dat die ANC parlementslid, Bongani Bongo, uit die virtuele vergadering van die party se nasionale uitvoerende komitee geskop is, saam met die geskorste sekretaris-generaal, Ace Magashule. Bongo word van bedrog en korrupsie aangekla wat verband hou met eiendomtransaksies in Mpumalanga. Magashule is geskors na hy geweier het om in […]
China het verhoogde aanvraag na diamante - May 9, 2021
China het ‘n verhoogde aanvraag na diamante wat volgens kundiges goed is vir die bedryf in Namibië. Die land is die grootste diamantverbruiker ter wêreld naas Amerika, gevolg deur die Midde Ooste, sê Kennedy Hamutenya, Namdia se Uitvoerende Hoof.
Lewis Hamilton behaal groot pretasies - May 9, 2021
Die Britse renjaer Lewis Hamilton sal vandag in Barcelona in sy 100 ste eerste posisie in ‘n formule Een-wedren wegspring. Die sewe malige wêreldkampioen is die eerste F1-bestuurder wat die prestasie behaal het.
Isis-insypelaars steeds aktief in Mosambiek - May 9, 2021
Meer as 25 duisend mense in die noorde van Mosambiek gaan vir ‘n onbepaalde tyd sonder krag wees. EDM die land se kragvoorsiener het bekendgemaak dat Isis-insypelaars die infrastruktuur in die Cabo Delgado-provinsie tydens aanvalle gevandaliseer het. Die Europese Unie oorweeg dit intussen om gespesialiseerde militêre opleiding aan Mosambiekse soldate te gee om hulle toe […]
Gesondheidsorgkundiges in Namibië oor verskillende variante van Covid-19 - May 9, 2021
Openbare gesondheidsorgkundiges in Namibië het gereageer op die verskillende variante van die virus. Die voormalige minister van Gesondheid, dr Bernard Haufiku sê hy is bekommerd oor enige variant en het verwys na die verskillende variante wat in Suid-Afrika, Brittanje, Kanada, Oostenryk en Indië voorkom. Haufiku sê die aandag is meer op Indië, want dié variant […]
Kommer oor Indiese variant van Covid-19 - May 9, 2021
Vier gevalle van die Indiese variant van die koronavirus is in Suid-Afrika aangemeld.Dit kom te midde van nuwe oplewings van COVID-19 infeksies in ‘n aantal lande in Suid- en Suidoos-Asië en elders.Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bekendgemaak dat Indië byna die helfte van alle wêreldwye infeksies en ‘n kwart van die sterftes uitmaak wat die afgelope week […]
Reaksie op Moody’s se besluit - May 9, 2021
Die besluit van Moody’s Investors Service om nie nou ‘n graderingsbesluit oor Suid-Afrika te neem nie is volgens kundiges positiewe nuus vir Suid-Afrika en die streek wat Namibië insluit. Dit beteken hy handhaaf die gradering van Ba2 op staatseffekte in sowel die rand as buitelandse geldeenhede.Professor Jannie Rossouw, ekonoom aan Wits se Sake-skool in Johannesburg.
Die Sharks en Bulls wen weer - May 9, 2021
En rugby..Die vier sterkste Suid-Afrikaanse franchises het gister kragte gemeet in die plaaslike weergawe van die Reënboogbeker-reeks .Die Sharks het die Lions op Kingspark in Durban met 34-26 geklop. Die Sharks het rustyd met 24-12 voorgeloop. In Kaapstad het die Bulls die Stormers met 20-16 geklop, en rustyd met 14-10 voorgeloop.