Talle eiendomme teruggevra by die Mosiehof - May 21, 2021

Daar was vanoggend 103 aansoeke om verstekvonnisse, sowel as reël 108 aansoeke voor Regters Essie Schimming Chase en Collins Parker. Van die aansoeke was nie beskikbaar nie as gevolg van hofnommers wat foutief gedruk is maar van die sake wat beskikbaar was, was onbetaalde eiendom die oorsaak van die meerderheid van sake. In een geval […]

Read More

SANParke se brakke se pensies is vol - May 21, 2021

SANParke se Ereveldwagters in die Oos-Kaap kan nou ‘n item op die Addo-olifantpark se wenslysie doodkrap. Die Southern Cross-veeartseny-kliniek in Gqeberha het ‘n jaar se hondekos geborg vir die vier teen-stropingshonde in SANParke se K9-eenheid in die park. Een van die veeartse, Lené Nel, het spesiaal Addo besoek om die honde te ontmoet. Takke van […]

Read More

Kapofi sê oudits is op pad - May 21, 2021

Die nuwe Minister van Verdediging Frans Kapofi sê dinge verloop baie goed in sy nuwe amp en dat daar vordering in die ministerie is. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en ook melding gemaak van oudits wat hy sê beplan word.

Read More

Bwabwata-stryd duur voort - May 21, 2021

Die stryd oor die Bwabwata Nasionale Park duur voort met die opdrag van die Ministerie van die Omgewing dat alle vee uit die park verwyder moet word. Die Hambukushu-gemeenskap sê die gebied behoort aan hulle en die park is geproklameer sonder enige konsultasie. Die gemeenskap sal vandag by Divundu vergader om die pad vorentoe te […]

Read More

Olie-storting in Rusland - May 21, 2021

Russiese nuusagentskappe berig dat ‘n pyplyn wat in die Yamal-skiereiland in die verre noorde van Siberië in Rusland gebars het, ‘n olie-storting van 2 000 vierkante meter tot gevolg gehad het. Owerhede sê die gebied is reeds afgebaken en op die oomblik is daar geen aanduiding die dat olie enige van die mere of die […]

Read More

So help jy kleintjies se geletterdheid - May 21, 2021

Die Ek Kan Lees-geletterdheidsprojek, ontwikkel deur Zelda Barends aan die Universiteit Stellenbosch, het ‘n invloed op geletterdheidsvlakke van Wes-Kaapse leerlinge in die grondslagfase. Die afgelope vier jaar het die projek ontwikkel tot ‘n beduidende maatskaplike hulpmiddel. Matie-studente wat opgelei word om onderwysers in die Afrikaanse Huistaal-grondslagfase te word, gee vir 11 weke lank twee keer […]

Read More

Gigaba het Ajay Gupta vir geld gevra om sy sus te help - May 21, 2021

Die vervreemde vrou van die gewese minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba het aan die staatskapingskommsissie vertel dat Gigaba 850 000 Suid-Afrikaanse rand by Ajay Gupta gevra het. Norma Mngoma sê die omstrede Gupta-familie het Gigaba die helfte van die geld gegee wat hy gebruik het om sy werklose suster se skuld te betaal. Sy […]

Read More

Rand vertoon baie goed - May 21, 2021

Die Suid-Afrikaanse rand het weer vanoggend deur sielkundige vlak van 14-rand teenoor die Amerikaanse doller beweeg en verhandel op die oomblik net onder die vlak. Ekonome in die buurland sê die geldeenheid reageer op die gewildheid van ontluikende markte. Chris Hart het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Is die einde van vryheidsbeweging in magsposisies in sig? - May 21, 2021

Afrika se leidende vryheidsbewegings kry die wind van voor, veral in Suider-Afrika. In Suid-Afrika is daar die binnegevegte in die ANC. In Namibië kan dieselfde van die Swapo Party gesê word met beweringe van verdeling en korrupsie. Is hierdie dalk tekens van die tye vir die einde vryheidsbewegings om steeds te regeer? Namibiese Opposisieleier van […]

Read More

Tariefverhogings sal Windhoekers dieper in skuld dompel - May 21, 2021

Plaaslike ekonome is van mening dat ‘n verhoging in Stad Windhoek se belasting en tariewe meer inwoners van die hoofstad in die rooi sal plaas en die skuldlas by die munisipaliteit verhoog. Talle mense het as gevolg van Covid en die gepaardgaande inperkings hulle werk verloor en volgens die jongste syfers van die Ministerie van […]

Read More