Iran stel maatsoektoep bekend - July 14, 2021

Iran het die Hamdan-maatsoektoep bekendgestel wat daarop gemik is om mense te help om makliker ‘n huweliksmaat te vind, berig internasionale media. Die egskeidingsyfer in Iran is besig om toe te neem, terwyl die geboortesyfer daal. Dis die enigste wettige maatsoek-toep in dié land.

Read More

SA gaan dalk brandstoftekorte ervaar - July 14, 2021

Die DA sê Suid-Afrika staan op die rand van brandstoftekorte nadat Suid-Afrika se grootste brandstofraffinadery sy bedrywighede weens die oproerigheid gestaak het. Sapref lewer 30 persent van die brandstof en dit, tesame met Astron-, Enref- en PetroSA-raffinaderye wat reeds gesluit is, beteken dit daar is slegs twee raffinaderye in werking en hulle lewer minder as […]

Read More

800 000 Namibiërs het erge voedseltekorte beleef in 2020 - July 14, 2021

Voedseltekorte is steeds ‘n groot uitdagings in Namibië met meer as drie uit elke tien Namibiërs wat verlede jaar erge tekorte beleef het. Die VN sê 800 000 Namibiërs was tussen 2018 en 2020 voedsel onseker, 100 000 meer as wat in 2014 tot 2016 aangemeld is. Die ombudsman advokaat John Walters het met Kosmos […]

Read More

Voertuigverkope weer effe beter in Junie - July 14, 2021

Voertuigverkope het in Junie vanjaar met 6,3 persent om ‘n maandgrondslag en 9,9 persent op ‘n jaargrondslag gegroei. Ekonome meen die syfers is steeds redelik swak en die groei moet gesien word in die lig van die inperkings wat verlede jaar van krag was, soos Robert McGregor van Cirrus in die hoofstad verduidelik.

Read More

Maan gaan waggel, seevlakke gaan styg - July 14, 2021

‘n Studie wat in die joernaal Nature Climate Change gepubliseer is, sê die maan-waggeling wat in die middel 2030’s verwag word, sal seevlakke aan feitlik die hele Amerikaanse kuslyn laat styg. Die studie is gelei deur wetenskaplikes van NASA aan die Universiteit van Hawaii wat veranderinge aan seevlakke bestudeer. Hierdie dramatiese stuwing in hooggety-vloede sal […]

Read More

Australië beperk inkomende vlugte – Delta-vrese - July 14, 2021

Inkomende internasionale vlugte in Australië word van vandag af beperk tot 3 000 passasiers per week. Die land se federale regring sê dit sal op 31 Augustus hersien word, maar die beperking sal waarskynlik tot die einde van die jaar geld. Die besluit volg na ‘n skerp styging in Covid-19-infeksies weens die Delta-virus wat deur […]

Read More

Oumas klik op plunderaars, staan buurtwagte by - July 14, 2021

Johannesburgse oumas staan buurtwagte regoor die stad by tydens die onluste in die buurland. Internasionale nuusagentskappe het met verskeie buurtwagte gepraat oor die netwerk van oumas met valk-oë wat hulle benut om onmiddellike inligting te ontvang, soos Yanna Smith berig.

Read More

Leierskap is nodig, sê Guterres - July 14, 2021

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres sê die wêreld beweeg al hoe verder weg van sy internasionale doelwitte al beskik ons van die nodige tegnologie, wetenskap en bronne om weer op dreef te kom. Guterres sê doelgerigte leierskap is nodig…

Read More

Behuising vorder in Kunene - July 14, 2021

Die goerwerneur van die Kunene-streek Marius Sheya het sy streeksrede gelewer en terwyl Kunene gebuk gaan onder erge droogte, het die streeksregering goeie vordering met behuising in Opuwo gemaak.

Read More

Sitrus-uitvoere moet wag, paaie is versper - July 14, 2021

Baie sitrusplase in Limpopo en Mpumalanga het tydelik opgehou om oeste weg te ry as gevolg van die onluste, paaie na hawens wat gesluit is en vertragings by die Durbanse hawe. Die Sitruskwekersvereniging se voorsitter, Justin Chadwick, sê die situasie word dopgehou en sodra dit veilig is, sal boere aangeraai word om vrugte na die […]

Read More