
Afrikaans is belangrik vir ons – Universiteit Stellenbosch - June 14, 2021
‘n Onafhanklike forensiese verslag deur Deloitte oor die toepassing van die Universiteit Stellenbosch se taalbeleid, het bevind dat die bestuur nooit opdrag gegee het dat die gebruik van Afrikaans verbied word nie. Koshuisleiers het ook geen verbod geplaas op die gebruik van Afrikaans tydens die verwelkomingstydperk in Maart vanjaar nie. Die adjunk-visekanselier: Leer en Onderrig, […]
Geen visvangpermitte oor naweke uitgereik nie - June 14, 2021
Die Namibiese ministerie van visserye het aangekondig dat al sy kantore wat algemene visvangpermitte uitreik voortaan gesluit sal wees oor naweke en op vakansiedae. Luidens ‘n openbare kennisgewing wat deur die waarnemende uitvoerende direkteur Uerithiua Kauaria uitgereik is, sal die kantore alleenlik oop wees op normale werksure, Maandag tot Vrydag.
!Gawaxab sê Woensdag oor repokoers - June 14, 2021
Die repokoers sal Woensdag deur die Goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab aangekondig word. Op die oomblik is die koers op 3,75 persent. Salomo Hei, die hoof navorser by High Economic Intelligence Investment meen die koers sal onveranderd gelaat word. Hy het sy redes so verwoord.
Kankervereniging verskuif sy pasiënte - June 14, 2021
Die Namibiese Kankervereniging het aanpassings gemaak as gevolg van die toenemende Covid-hospitaliserings. Volgens die vereniging se hoof uitvoerende beampte, Rolf Hansen, word al hulle pasiënte wat in staatsfasiliteite behandel word, oorgeplaas na hulle fasiliteite toe…. Intussen is die jaarvergadering wat op 29 Junie sou plaasvind, uitgestel. Hansen verduidelik.
Polisie sukkel met voertuie - June 14, 2021
Die verbod op nuwe voertuigaankope wat deur President Hage Geingob tot 2025 ingestel is, plaas druk op die Namibiese polisie. Sonder voldoende voertuie is dit ook onmoontlik om te verseker dat inperkingsmaatreëls toegepas word en ook om misdaad te bekamp. Die hoof van die polisie, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Laaste dag vir jou wenwors-resep - June 14, 2021
Vandag is die laaste dag vir deelname aan die Shoprite Checkers Namibia Championship Boerewors-kompetisie. Voornemende boerewors-kampioene moet vandag hulle resepte indien om deel te wees van die kompetisie. Sanet Prinsloo, Kosmos 94.1 se gunsteling sjef het die besonderhede…
NDF-hospitaal het nie Covid-pasiënte behandel nie - June 14, 2021
Die weermag hospitaal wat Sondag in puin gelê is, is nie vir Covid-pasiënte gebruik nie maar het soldate behandel. Kosmos 94.1 Nuus het dit met ‘n senior beampte bevestig. Die minister, Frans Kapofi het vroeër aan nuusagentskappe gesê die ondersoek na die oorsaak duur steeds voort. Daar was volgens berigte net een pasiënt tydens die […]
Nanso eis dat skole sluit - June 14, 2021
Die Namibiese nasionale studente-organisasie Nanso eis dat skole onmiddellik sluit. In ‘n verklaring eis die vakbond ook dat skole onmiddellik gereinig moet word. Nanso vra ook dat landelike leerders en onderwysers ingeënt moet word en verder dat ‘n strategie daargestel moet word om leerders in grade 9, 11 en 12 te prioritiseer. Ambagsopleidingsentrums moet ook […]
Faf het harsingskudding - June 14, 2021
Die Protea-speler Faf du Plessis het bevestig dat hy harsingskudding en geheueverlies opgedoen het nadat hy die naweek in die Superliga in Pakistan beseer is. Du Plessis en ‘n spanmaat het tydens die wedstryd tussen Quetta Gladiators en Peshawar Zalmi in Abu Dhabi teen mekaar vasgehardloop toe hulle ‘n grenshou probeer afsny het. Mohammad Hasnain […]
70% van werkende kinders is in landbou - June 14, 2021
Die Verenigde Nasies se Landbou-organisasie sê meer as 70 persent van werkende kinders wêreldwyd werk in die landbousektor. Op Wêrelddag teen Kinderarbeid wat die naweek herdenk is, is berig dat 112 miljoen seuns en meisies gebruik word as arbeiders in oeswerk, werk met lewende hawe, bosbou, visserye en waterboerdery. Hulle werk dikwels langs ure in […]