
Botswana waarsku burgers oor reis na SA - July 14, 2021
Botswana het ‘n beroep op sy burgers gedoen om nie- noodsaaklike reise na dele van Suid-Afrika, veral KwaZulu-Natal en Gauteng, te vermy weens die voortslepende geweld. Botswana het ‘n verklaring uitgereik waarin sy ministerie van Buitelandse Sake en Samewerking sy burgers wat reeds in Suid-Afrika is, aanraai om uiters versigtig te wees, veral in Johannesburg […]
Nog beroepe vir noodtoestand in SA - July 14, 2021
Die Suid-Afrikaanse regering word toenemend oorval met versoeke om ‘n noodtoestand af te kondig. Die bierbedryf, AgriSA en die Suid-Afrikaanse Raad op Verbruikersgoedere het aangesluit by die oproep deur die Durbanse Kamer van Handel en Nywerheid. Die Biervereniging se woordvoerder, Patricia Pillay, sê meer as 600 kleinhandel- en drankwinkels is beskadig, en dit het enorme […]
Kapenaars gewaarsku oor fopnuus - July 14, 2021
Die burgemeester van Kaapstad, Dan Plato, het ‘n beroep op inwoners gedoen om op te hou om vals berigte oor openbare geweld in die stad te versprei wat op ou beeldmateriaal gebaseer is. Hy sê dit maak dit moeilik om voorvalle op te volg. Hy het benadruk alle inwoners moet saamwerk om die stad se […]
Kommer oor toenemende trauma en angs in SA - July 14, 2021
Daar is kommer oor trauma in Suid-Afrika. Met ekonomiese uitdagings, werkloosheid en die impak van die pandemie en inperkings, was traumavlakke in die buurland reeds hoog. Met die huidige geweld en plundering in die buurland wat verdere onsekerheid skep, sê dr. Pixie du Toit, Suid-Afrikaners is nie emosioneel op ‘n goeie plek nie.
Whk-krematorium onder druk - July 14, 2021
Stad Windhoek se krematorium is onder druk weens die talle Covid-sterfgevalle en liggame wat veras moet word. Stad Windhoek se hoofskakelbeampte, Harold Akwenye, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê alhoewel die krematorium tans ‘n roetine-onderhoud ondergaan, is dit onder druk, want hulle help die gesondheidsministerie met die verassing van onopgeisde liggame. Stad Windhoek het ook […]
Vier vas by Spele vir dwelms - July 14, 2021
Vier kontrakteurs is in Tokio vir beweerde dwelmgebruik in hegtenis geneem met die Japanse hoofstad wat besig is om gereed te maak vir die openingseremonie van die Olimpiese Spele op 23 Julie. Die organiseerders van die Tokio Spele sê die Amerikaanse en Britse verdagtes is werknemers van ‘n maatskappy wat gekontrakteer is om tydelike elektrisiteitstoevoer […]
Noa, Van der Merwe bly eers aan - July 14, 2021
Die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie Paulus Noa se kontrak is met ‘n maand verleng. Sy adjunk Erna van der Merwe sal ook aanbly. Luidens berigte het altwee se kontrakte einde verlede jaar ten einde geloop maar, geen plaasvervanger is tot dusver gevind nie. Die sluiting van die Nasionale Vergadering het ook die proses vertraag en […]
Prof. Aldo bring hulde aan Ndjavera - July 14, 2021
Hulde word gebring aan David Ndjavera, die veteraan Namibiese akteur en dramaturg wat vanoggend op die ouderdom van 51 oorlede is. Professor Aldo Behrens het jare saam met Ndajvera gewerk en opgetree, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Verwagtinge oor maatreëls wat môre aangekondig word - July 14, 2021
Daar word verwag dat President Hage Geingob môre om 11-uur die land sal toespreek oor die jongste maatreëls in verband met die pandemie. Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het bevestig dat die piek van die derde vlaag reeds bereik is maar, infrastruktuur en bronne is steeds onder druk. Kosmos 94.1 Nuus het met die […]
Klimaatsverandering gevaarliker as Covid - July 14, 2021
‘n Nuwe studie het bevind dat klimaatsverandering met dieselfde dringendheid as die Covid-19-pandemie hanteer moet word. Navorsers aan die Glasgow Caledoniese Universiteit het hul kommer uitgespreek dat hulpbronne wat vir reaksie op die pandemie aangewend word, dié beperk wat aan klimaatsake toegewys is. Dit sluit in die aanmelding van sterftes en skade as gevolg van […]